Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 21 Augustus 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Hoofregter Zondo lewer sy laaste Konstitusionele Hof-uitspraak voor sy aftrede
# Die polisie is op die spoor van verdagtes nadat twee vroue dood aangetref is op ‘n plaas in Limpopo
# En, rugby: Die ervare slot Guido Petti is die eerste keer sedert die Wêreldbekertoernooi terug vir die Pumas
# Hoofregter Raymond Zondo het sy laaste uitspraak in die Konstitusionele Hof gelewer voor sy aftrede die einde van die maand. Die saak behels ‘n aansoek deur Molefi Jonas Mamasedi van die Suid-Afrikaanse Weermag se tenk-regiment vir kondonasie en verlof tot appèl teen ‘n uitspraak van die Appèlhof oor die hoof van die SANW, Solly Shoke, en ander offisiere:
# Limpopo se polisie is op die spoor van verdagtes na die ontdekking van twee liggame en nog ‘n gewonde slagoffer op ‘n plaas by Sebayeng. Die liggame van ‘n 45-jarige Suid-Afrikaanse vrou en ‘n 35-jarige buitelandse burger is gevind nadat ‘n soektog begin is toe die Suid-Afrikaanse vrou Saterdag as vermis aangemeld is. Woordvoerder Malesela Ledwaba bevestig albei vroue het skietwonde gehad, en die gewonde man is in die hospitaal opgeneem:
# Die leier van Build One South Africa, Nobuntu Hlazo-Webster, sê hulle het die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, skriftelik gevra vir ‘n Parlementêre debat om te besin oor die Nasionale Register van Seksoortreders en die gevolglike invloed daarvan op die beskerming van vroue en meisies in Suid-Afrika. Roger Solomons van BOSA sê die wetgewende vleuel van die regering het ‘n plig om die kwesbaarstes in die gemeenskap teen misbruik te beskerm:
# Rugby: Argentinië se afrigter, Felipe Contepomi, het die ervare slot Guidi Petti herroep vir die eerste keer sedert verlede jaar se Wêreldbekertoernooi. Hy is ingesluit in die groep van 34 spelers vir die twee Rugbykampioenskaps-tuistoetse teen Australië. Petti vervang die 20-jarige Efrain Elias, wat in sy eerste toets gespeel het in die onlangse oorwinning oor die All Blacks in Wellington. Die losvoorspeler Santiago Grondona is ook terug nadat hy beseer is in die Pumas se laaste Wêreldbeker-opwarmingswedstryd.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-81-sent teen die dollar, 19-rand-80-sent teen die euro en 23-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-435-dollar-84-sent. Die prys van goud is twee-duisend-507-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-27-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n geel vlak 3-waarskuwing uitgereik vir ‘n stormstuwing in die Wes-Kaap en die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap vandag. Die storm, wat gepaardgaan met groot golwe en sterk wind, sal na verwagting watervlakke verhoog. Die diens waarsku ook dat dit ‘n ernstige bedreiging inhou vir kusgemeenskappe en infrastruktuur. Plaaslike oorstromings word verwag en inwoners word aangeraai om weg te bly van strande af.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….