Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Augustus 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van die Staatsdiens begin ‘n oudit van amptenare wat geskors is met volle salaris
# PSiRA se uitvoerende hoof sê die militêre kamp in Mpumalanga was onwettig
# En, krieket: Die Proteas verwag ‘n draaiersblad in Trinidad
# Die minister van die Staatsdiens en Administrasie, Inkosi Buthelezi, het met ‘n ouditproses begin om vas te stel hoeveel geskorste staatsamptenare ontvang steeds hulle volle salarisse. Die Staatsdienskommissie beraam die koste op 240-miljoen-rand. Buthelezi het in die wandelgange van die eerste vergadering van die Suider-Afrika-Ontwikkelingsgemeenskap se Openbare Dienskommissie van Voorsitters in Kaapstad gevra vir doeltreffendheid en aanspreeklikheid:
# Die uitvoerende hoof van die Reguleringsowerheid vir die Privaat Sekerheidsbedryf, Manabela Chauke, sê die kamp in Witrivier, Mpumalanga, waar 95 burgers van Libië opgelei is, was nie geakkrediteer vir die verskaffing van militêre opleiding nie. Chauke het die jongste inligting gegee oor die opleiding wat aangebied is deur die Milites Dei-sekerheidsdienste. Hy sê die reguleerder het die diensverskaffer geskors:
# Die Verenigde Nasies se Wêreld-voedselprogram het slegs 20-persent ingesamel vir droogtehulp in Suider-Afrika. Dit is sowat 1,5-miljard-rand van sy doelwit van agt-miljard-rand om die droogte te pak in sewe lande. Die streek ly as gevolg van die El Niño-weerverskynsel en die ergste droogte in dekades het aanleiding gegee tot wydverspreide mis-oeste en voedselonsekerheid. Daar was betekenisvolle ondersteuning deur skenkers maar die WVP kan tot 2025 se oes hulp verskaf aan slegs 5,9-miljoen mense uit altesaam 27-miljoen wat dit nodig het.
# Krieket: Die Proteas verwag die draaiboulers sal ‘n groot rol speel in die toetsreeks teen die Wes-Indiese Eilande wat vandag in Port-of-Spain, Trinidad, begin. Die Suid-Afrikaners oorweeg die insluiting van beide hulle voorste draaiboulers Dane Piedt en Keshav Maharaj, terwyl die deeltydse draaibouler Aiden Markram ook beskikbaar is. Die afrigter Shukri Conrad sê dis moeilik om te besluit op die regte boulbalans:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-31-sent teen die dollar, 20-rand-1-sent teen die euro en 23-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-327-dollar-54-sent. Die prys van goud is twee-duisend-396-dollar-89-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-70-sent per vat.
# En ten slotte: Die luukse Italiaanse handelsmerk, Dolce & Gabbana, het ‘n parfuum vir honde geskep. Fefé is vernoem na Domenico Dolce, een helfte van die beroemde ontwerp-duo, se hond. Die bottel het ʼn vergulde pootafdruk van 24-karaat en kos meer as twee-duisend-rand. Dit sluit ook ʼn D&G-halsband en naamplaatjie in. Die maatskappy sê Fefé is getoets en deur veeartse goedgekeur. Hy sê die parfuum skep ʼn weelderige gevoel en maak elke stappie met jou hond ʼn welriekende en modieuse geleentheid.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….