Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 Augustus 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Polisiebeampte is beseer en drie kapers dood tydens ‘n skietery in Durban
# Denemarke en Nederland gaan volgende jaar aannemings uit Suid-Afrika staak
# En hartseer vir Chad le Clos in Parys
# ‘n Durbanse polisiebeampte is vroeër vandag in ‘n oor-en-weer skietery in Umlazi gewond en drie vermeende kapers doodgeskiet. Die beampte is in ‘n bestendige toestand. Die verdagtes was glo besig om ‘n vrou se motor te kaap toe die polisie gereageer het. ‘n Woordvoerder, Robert Netshiunda, sê die polisiebeampte is in die arm gewond:
# Die stigter van Diversi-T, Teresa Oakley-Smith doen ‘n beroep vir meer rasverwante gesprekke in skole. Sommige leerders van die Hoërskool Pinelands in Kaapstad en die Pretoria High School for Girls is tydelik geskors oor beweerde rassisme. Sy het in ‘n onderhoud met die SABC die behoefte beklemtoon om ras-trauma by slagoffers aan te pak en voer aan Suid-Afrika moet nog ‘n ware reënboognasie word:
# PRASA het nuwe blou-en-wit-elektriese treineenhede op die sentrale lyn in die Wes-Kaap ontplooi en die diens van Nyanga na die Mandalay-stasie in Kaapstad uitgebrei. Dit is die eerste bekendstelling van die Mense se Trein op die roete met gevorderde geriewe soos outomatiese deure, geslote baan televisiekameras en lugversorging. Die agentskap sê die voltooiing van noodsaaklike infrastruktuur en moderne seintoerusting verhoog veiligheid en bevoordeel gemeenskappe langs die spoorlyn. Werk aan nuwe seintoerusting vir die res van die sentrale korridor duur voort.
# Denemarke en Nederland het planne aangekondig om volgende jaar kinder-aannemings uit Suid-Afrika te beëindig. Die lande sê daar is probleme met die opspoorproses van die biologiese ouers. Suid-Afrika moet nou sy binnelandse aannemingsprogram verbeter wat reeds probleme in die privaat sektor veroorsaak het. Tebogo Mabe van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê die verwikkeling bied aan die land ‘n geleentheid om nasionale gebruike te versterk en onreëlmatighede uit die weg te ruim.
# Olimpiese Spele: Chad le Clos van Suid-Afrika kon nie vir die halfeindronde van die 100-meter vlinderslag in Parys kwalifiseer nie. Die silwermedaljewenner in Londen in 2012 en Rio in 2016 het tweede gekom in sy uitdun, maar kon slegs die 24ste vinnigste tyd behaal terwyl net die 16 vinnigste kwalifiseerders deurdring. Sy landgenoot, Matthew Sates, het ook uitgeval nadat hy vroeër ook nie na die halfeindronde van die 200-meter vlinderslag kon deurdring nie. Le Clos het nie deelgeneem aan dié item wat hy in Londen gewen het nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-19-sent teen die dollar, 19-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-749-dollar-56-sent. Die prys van goud is twee-duisend-460-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-60-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….