Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 Julie 15 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering gaan energie-armoede aanpak na groot tariefverhogings
# Minster Creecy sê Suid-Afrikaanse paaie en spoornetwerk moet skakeling vergemaklik met die res van die vasteland
# En, rugby: Perenara en Marler loop dalk albei die tweede toets tussen die All Blacks en Engeland mis
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, beplan om energie-armoede aan te pak waar huishoudings nie elektrisiteit kan bekostig nie. Ramokgopa wys daarop dat stygende kragtariewe groot druk plaas op verarmde Suid-Afrikaners. Volgens die minister werk sy ministerie aan oplossings, insluitende ontkoling deur son-energie met behulp van die aanbring van sonpanele vir goedkoper, skoner elektrisiteit. Ramokgopa bepleit digitale hervorming en moderne infrastruktuur, maar beklemtoon terselfdertyd die ongelykheidsgaping:
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê Suid-Afrika se paaie en spoornetwerk is die slagare van die nasie en behoort mense en goedere veilig te vervoer en skakeling met die res van die vasteland en die wyer wêreld te vergemaklik. Creecy was die hoofspreker op die Suider-Afrika-vervoerkonferensie in Pretoria. Sy sê die sektor werk nie as ‘n doeltreffende ekonomiese tussenganger of as ‘n maatskaplike diens nie:
# Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal het rampbestuurspanne op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas weens die Weerdiens se waarskuwings oor sterk wind. Inwoners van Ugu, uMgungundlovu, uThukela, Amajuba, Zululand, King Cetshwayo en iLembe word aangemoedig om los items vas te pen, binne te bly en nie onnodig te reis nie. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, waarsku oor veldbrande en teen die aansteek van oop vure:
Alle versekerings-eise wat te doen het met storms, word intussen nie uitbetaal nie. Die onlangse storms in Suid-Afrika het gelei tot meer eise vir skade, maar talle word geweier weens polis-uitsluitings. Die ombud vir Korttermynversekering berig 25-persent van huis-eienaars se eise is verlede jaar afgekeur weens kwessies soos geleidelike agteruitgang, gebrek aan onderhoud en ontwerpfoute. Gevallestudies toon eise vir stormskade word dikwels afgekeur met swak onderhoud as die belangrikste oorsaak. Die versekeringsbedryf sê gereëlde huis-onderhoud kan die kanse op goedkeuring verbeter.
# Rugby: Die All Black-skrumskakel TJ Perenara en die Engelse stut Joe Marler sal waarskynlik albei Saterdag se tweede toets in Auckland misloop. Hulle is beseer in die eerste kragmeting in Dunedin, wat Nieu-Seeland 16-15 gewen het. All Black-afrigter Scott Robertson sê ‘n speler is op bystand vir ingeval Perenara nie herstel van ‘n kniebesering wat hy opgedoen het toe hy en ‘n spanmaat teen mekaar vasgehardloop het nie. Hy het pas teruggekeer na 18 maande met ‘n geskeurde haksening. Marler het sy voet seergemaak in sy 95ste toets.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-13-sent teen die dollar, 19-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-233-dollar-62-sent. Die prys van goud is twee-duisend-373-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-93-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….