Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 Junie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Zizi Kodwa en Duduzile Zuma onder die eerstes om as LP’s ingehuldig te word
# Die datum vir die openingsrede van die Parlement word binnekort aangekondig
# En, sokker: ‘n 57-jarige Japannese doelskieter het geen einde nie
# Die korrupsiebeskuldigde lid van die ANC, Zizi Kodwa, is as Parlementslid ingehuldig, naas 58 lede van die MK-party wat die eerste sitting misgeloop het. Die voormalige Regterpresident van die Wes-Kaap, John Hlophe, en die dogter van die voormalige president, Jacob Zuma, Duduzile Zuma-Sambudla, is ingehuldig. Hlophe is vroeër vanjaar in ‘n staat van beskuldiging gestel en hy gaan nou langs diegene sit wat teen hom gestem het. Die waarnemende Regterpresident van die Wes-Kaap, Patricia Goliath, het die inhuldigingseremonie behartig:
# Die Parlement het intussen aangekomdig die datum vir die openingsrede van die Parlement sal binnekort aangekondig word. President Cyril Ramaphosa, ná raadpleging met die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Refilwe Mtsweni-Tsipane, sal die datum vasstel. Die openingsrede, wat elke vyf-jaar ná ‘n verkiesing gehou word, is die amptelike opening van die sewende Parlement en sal by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum gehou word weens die voortdurende bouwerk aan die Parlement.
# Die Stad Kaapstad moedig inwoners aan om by die ontspanningsgemeenskap-uitstallingsprogram aan te sluit en betrokke te raak. Die program is ontwerp om sport en ontspanning in gemeenskappe aan te moedig. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia Van der Ross, sê die stad se Departement van Ontspanning en Parke het die naweek ‘n uitstalling by die Factreton-gemeenskapsentrum aangebied en sowat 50 deelnemers van 13 jaar tot ouer as 60 het die geleentheid bygewoon:
# Die vrou van die stigter van WikiLeaks, Julian Assange, sê hy sal ‘n vry man wees sodra ‘n Amerikaanse regter na verwagting môre in Amerika sy geskiedkundige pleitooreenkoms onderteken. Stella Assange sê hy het gister per vliegtuig van Londen na Bangkok gereis. Assange is op borgtog uit ‘n hoё-veiligheidsgevangenis in Suidoos-Londen vrygelaat waar hy aangehou is terwyl hy uitlewering aan Amerika beveg het. Hy het ingestem om skuldig te pleit op ‘n aanklag van sameswering om inligting oor nasionale veiligheid te bekom en te versprei.
# Sokker: Wanneer is ‘n speler te oud vir beroepsokker? Die voormalige internasionale speler, Kazuyoshi Miura, se passie vir die spel is sterker as ooit en hy is terug by Japannese klubsokker. Die doelskieter, bekend as “Koning Kazu”, gaan vir Athletico Suzuka in die Japannese vierde liga speel, as ‘n leenspeler vanaf Yokohama FC in die tweede liga. Hy keer terug na Japan na twee seisoene met ‘n tweedeligaspan in Portugal. Miura het sy debuut in 1986 gemaak by die Brasiliaanse span, Santos, en het ook in Italië, Kroasië en Australië gespeel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-14-sent teen die dollar, 19-rand-45-sent teen die euro en 23-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-357-dollar-82-sent. Die prys van goud is twee-duisend-333-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-65-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….