Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 18 Junie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# S&P verwag nie ‘n noemenswaadige beleidsverskuiwings van die Suid-Afrikaanse regering van nasionale eenheid nie
# Oproepe vir die regulering van Suid-Afrika se gemorskosbedryf om vetsug te beveg
# En, rugby: Rassie sluit vier nuwelinge in teen Wallis met Koch op 50
# S&P Global Ratings sê hy verwag nie beduidende beleidsverskuiwings vanaf Suid-Afrika se regering van nasionale eenheid nie. Die regering sluit die Demokratiese Alliansie, die IVP en die Patriotic Alliance in. Terwyl S&P die uitkoms as gunstig beskou vir ekonomiese en fiskale vooruitsigte, let hy wel op daar is uitdagings om groei aan te wakker en fiskale dissipline te handhaaf. Ideologiese verskille en koalisie-onbestendigheid mag dalk risiko’s inhou. S&P voorspel Suid-Afrika se BBP sal in 2024 met 1,1-persent groei en daarna met ‘n gemiddeld van 1,3-persent tussen 2025 en 2027.
# Die Healthy Living Alliance bepleit die regulering van Suid-Afrika se gemorskosbedryf om die vetsug-epidemie te beveg. Die organisasie waarsku die Suid-Afrikaanse jeug staar ‘n vetsug-epidemie in die gesig, wat hul risiko vir hoë bloeddruk, beroertes, kanker en tipe 2-diabetes aansienlik verhoog. Eunice Montso van die alliansie, sê maklike toegang tot gemorskos is ‘n groot bydraer en skep ‘n groot aanvraag na kitskosbemarking. Die alliansie vra vir die regulering van die voedselbedryf om toegang tot ultra-verwerkte en gemorskos te beperk en gesonde kos meer toeganklik en bekostigbaar vir gemeenskappe te maak.
# Die Gautengse polisie bied ‘n beloning van 100-duisend-rand aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van Dennis Nyatsunga, ook bekend as Shumba. ‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê Nyatsunga word gesoek vir die moord op vier mense, onder wie twee meisies van vier en sewe jaar oud wat vroeër die maand in ‘n hut doodgebrand het. Masondo sê Nyatshunga sal ook van poging tot moord en brandstigting aangekla word:
# Die Lughawe-maatskappy van Namibië sê die Afrika Lugvaart-ontwikkelingsgeleentheid dié week sal toerisme en die lugvaartbedryf ‘n hupstoot gee en lok wêreldwye bedryfleiers na Windhoek. Die lughawe-woordvoerder Dan Kamati sê onder die tema, Igniting Connections and Propelling Growth, het AviaDev Africa die voorste platform geword vir die bevordering van lugreis-ontwikkeling op die vasteland:
# Rugby: Die Wêreldbeker-wenner en stut, Vincent Koch, speel Saterdag in sy 50ste toets wanneer Suid-Afrika op Twickenham teen Wallis speel in hulle eerste kragmeting sedert hulle verlede Oktober die Webb Ellis-beker in Frankryk ingepalm het. Flank Pieter-Steph du Toit sal die groep aanvoer wat vier nuwelinge insluit. Vleuel Edwill van der Merwe en losskakel Jordan Hendrikse is die twee nuwelinge in die opdrafspan. Slot Ben-Jason Dixon en veelsydige agterspeler, Sacha Feinberg-Mngomezulu is die twee nuwe gesigte op die plaasvervangersbank.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-12-sent teen die dollar, 19-rand-42-sent teen die euro en 22-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-244-dollar-78-sent. Die prys van goud is twee-duisend-309-dollar-97-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-25-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….