Nuus 15:00
BULLETIN 30 Julie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party beskuldig Ramaphosa dat hy Grondwet omseil met minister Mchunu se spesiale verlof
# Die onteerde voormalige LUR van Limpopo Seth Nthai pleit skuldig aan korrupsie
# En krieket: Engeland se kaptein onttrek aan die laaste toets teen Indië
# Die MK-party sê president Cyril Ramaphosa het nie volgens die Grondwet opgetree toe hy die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof geplaas het sonder om die behoorlike proses te volg nie. Die party het voor die Konstitusionele Hof aangevoer daar is geen grondwetlike bepaling wat die president toelaat om ‘n minister op verlof te plaas nie. Die party se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, het aan die hof gesê die besluit om ‘n professor van Wits, Firoz Cachalia, as waarnemende minister aan te stel, hou geen grondwetlike basis in nie en dui op die oorskryding van amptelike pligte:
# Limpopo se voormalige LUR vir Veiligheid en Sekerheid, die verbanne senior advokaat Seth Nthai, het skuldig gepleit op ‘n aanklag van korrupsie. Hy het erken dat hy vyf-miljoen-rand se omkoopgeld van ‘n Italiaanse sakeman probeer bekom het terwyl hy die Suid-Afrikaanse regering in ‘n myn-regsgeding verteenwoordig het. Sy naam is in 2013 van die advokate-rol verwyder. Nthai het ‘n pleitooreenkoms met die staat gesluit en is gevonnis tot ‘n boete van 500-duisend-rand of twee jaar tronkstraf. Die saak het gevolg op klagtes wat in 2022 aanhangig gemaak is.
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, vra lande om hul energie-oordrag self te vorm. Ramokgopa het tydens die vergadering van die G20-energie-oordrag-werkgroep in Sun City, Noordwes, gewaarsku hernubare energiebronne alleen sal nie wêreldwye energie-uitdagings oplos nie. Ramokgopa bepleit steun vir Afrika se Agenda 2063 en netwerkopgraderings, gegewe dat daar 760-miljoen mense is wat nie elektrisiteit het nie. Hy vra oplossings wat tegnologie insluit soos die opvang van koolstof om ontkoling en energiesekerheid te balanseer:
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê oordrag-aansoeke vir 2026 se skooljaar kan vanaf 4 Augustus ingedien word. Woordvoerder Millicent Merton sê die proses is van toepassing op leerders van graad 2 tot 7 en 9 tot 12. Aansoeke kan aanlyn of by die verlangde skool of distrikskantoor ingedien word. Sy sê volledige inligting en tree-vir-tree gidse is op die departement se webwerf beskikbaar:
# Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, moes aan die vyfde en laaste toets teen Indië onttrek weens ‘n skouerbesering, en Ollie Pope sal die span aanvoer. Stokes het uitstekende gespeel in die reeks tot dusver. Hy het vyf paaltjies geneem en 141 lopies aangeteken in die vierde toets, wat onbeslis geeïndig het. Die boulers Jofra Archer, Brydon Carse en Liam Dawson is uitgelaat en vervang deur Gus Atkinson, Josh Tongue en Jamie Overton. Die vyfde toets begin môre op die Oval in Londen, met Engeland wat 2-1 voorloop.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-87-sent teen die dollar, 20-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 117-duisend-884-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-328-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 71-dollar-1-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….