Nuus 15:00
BULLETIN 12 Junie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Kieshof verwerp Khumalo se saak teen Zuma en die MK-party
# Build One South Africa vra MK om die parlementêre sitting by te woon
# En, krieket: Indië sal nie die mede-gasheer Amerika in New York onderskat nie
# Die Kieshof het die poging van die uitgeskopte stigter van die MK-party, Jabulani Khumalo, verwerp om oudpresident Jacob Zuma te verwyder as leier van die party. Khumalo wou hê die hof moet hom as leier heraanstel nadat Zuma hom vervang het. Die hof het bevind Khumalo het meineed gepleeg, die aansoek was beuselagtig, het nie meriete gehad nie en kom neer op ‘n misbruik van die hofproses. Hy moet die regskoste van die MK-party en Zuma betaal.
In nog ‘n verwikkeling het Build One South Africa die MK-party versoek om Vrydag se eerste parlementêre sitting by te woon. MK se 58 verkose parlementslede beplan om die sitting te boikot, omdat hy die verkiesingsuitslae uitdaag. BOSA se leier, Mmusi Maimane, het die stap veroordeel en MK aangemoedig om sy bekommernisse binne die Parlement deur debatte en verteenwoordiging te stel, eerder as om die verrigtinge omver te werp.
# Die Departement van Gesondheid het pogings verskerp om die verspreiding van A-pokke te bekamp, nadat vyf gevalle en ‘n sterfte aangeteken is. Die departement span saam met MIV-programme en sleutelorganisasies om bewusmaking te verhoog. Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het op ‘n nuuskonferensie gesê Tecovirimat, ‘n antivirale medikasie, is vekry vir ernstige gevalle deur skenkings van die Wêreldgesondheidsorganisasie:
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se aanlyn toelatingstelsel sal volgende jaar met outomatiese bevestiging van plasings vir Graad 1 en 8 begin, met die klem op die skoolkeuse wat die hoogste gelys is. Die woordvoerder, Bronagh Hammond, het ouers herinner hulle het tot Vrydag tyd om aanbiedings te aanvaar of van die hand te wys. Ouers word ook herinner die plasingsbedrywighede sal gedurende die winter-skoolvakansie gestaak word. Sy sê die departement sal later vanjaar help met plasingskeuses indien nodig:
# Krieket: Indië is vandag op soek na sy derde agtereenvolgende oorwinning in die T20-Wêreldbekertoernooi. Indië word beskou as een van die gunstelinge en sal Amerika na verwagting maklik klop. Die mede-gasheer het egter ook sy eerste twee wedstryde gewen, insluitend ‘n oorwinning oor Pakistan. Vandag se wedstryd is in New York in ‘n stadion waar uitslae moeilik voorspelbaar was met baie lae tellings. Indië se boulafrigter, Paras Mhambrey, sê hulle sal Amerika nie onderskat nie:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-64-sent teen die dollar, 20-rand-6-sent teen die euro en 23-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-922-dollar-40-sent. Die prys van goud is twee-duisend-313-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….