Nuus 15:00
BULLETIN 5 Junie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Zizi Kodwa bedank nadat hy aangekla is van korrupsie
# Thabo Bester eis die doodsvonnis en beweer onregverdige behandeling
# En, krieket: Indië wil 11-jaar se bekerdroogte beëindig
# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, en die sakepersoon, Jehan Mackay, wat teregstaan op aanklagte van korrupsie, is borgtog van 30-duisend-rand elk toegestaan in die Landdroshof in Palm Ridge in Gauteng. Hulle word aangekla van omkopery waarby 1,6-miljoen-rand betrokke is. Kodwa het na sy hofverskyning as minister bedank. Landdros Sheron Soko-Rantao het die saak tot 23 Julie uitgestel:
# Die veroordeelde Facebook-moordenaar, Thabo Bester, het die Hooggeregshof in Bloemfontein versoek om sy doodsvonnis te beveel en sy medebeskuldigdes vry te laat. Hy het tydens ‘n uitbarsting beweer die regstelsel behandel hom onregverdig. Bester, sy voormalige minnares, Nandipha Magudumana, en sewe ander staan tereg op aanklagte van onder meer bedrog en die skending van ‘n liggaam. Bester se prokureur, Mohamed Siedat, het intussen onttrek weens probleme met raadpleging. Bester beweer politieke inmenging beheer die hofverrigtinge:
# Die uitvoerende hoof van Standard Bank, Sim Tshabalala, is vol vertroue in Suid-Afrika se instellings om na-verkiesings-bestendigheid en ‘n moontlike styging in markte te verseker. Hy sê ondanks die ANC se steun wat tot 40-persent gedaal het, bestuur instellings soos die Verkiesingskommissie die situasie doeltreffend. Tshabalala het beklemtoon Suid-Afrika se geskiedkundige neigings ná die verkiesing ondersteun ‘n positiewe markvooruitsig. Hy het die geopolitieke voordele beklemtoon, met die VSA en China wat infrastruktuurprojekte befonds en opwindende vooruitsigte vir die land se ekonomiese ontwikkeling skep.
# Die algemene werkersvakbond Giwusa eis die onmiddellike nasionalisering van die oliebedryf en raffinaderye, wat hulle onder die demokratiese beheer van die werkersklas sal plaas. Woordvoerder Koketso Phasha sê die huidige polities-ontplooide leierskap van die Sentrale Energiefonds het misluk. Phasha sê hulle het voorheen al aangevoer die nuut-gestigte Suid-Afrikaanse Nasionale Petroleummaatskappy is ‘n goeie geleentheid om energie-armoede en ontkoling aan te pak.
# Krieket: Indië begin sy T20 Wêreldbekerveldtog vandag as een van die gunstelinge. Hulle pak Ierland in New York. Die krieketreuse is desperaat vir sukses in die toernooi in die Wes-Indiese Eilande en Amerika, want hulle globale bekerdroogte strek terug na 2013 se Kampioenebeker. Kaptein Rohit Sharma sê hulle gaan hulle toespits op die basiese beginsels:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-89-sent teen die dollar, 20-rand-52-sent teen die euro en 24-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-886-dollar-71-sent. Die prys van goud is twee-duisend-334-dollar-2-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-77-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….