Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 28 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum verloor sy saak teen Malema oor Kill the Boer
# Die Verkiesingskommissie skep meer as 300-duisend tydelike werksgeleenthede vir die verkiesing
# En, rugby: Die Junior Bokke is in dieselfde groep as Engeland, Argentinië en Fidji vir die Onder 20-kampioenskap
# Die Appèlhof het AfriForum se saak teen die leier van die EFF, Julius Malema, oor die sing van Kill the Boer, met koste van die hand gewys. Die hof het beslis Malema het bloot uitdrukking gegee aan sy reg op vryheid van spraak, wat deur die Grondwet beskerm word, en dit was deel van die bedrywighede en die veldtog van die politieke party wat hy lei. AfriForum wou hê die hof moet die sing van die lied verbied aangesien hulle dit as haatspraak teen wit Afrikaners beskou.
# Die Verkiesingskommissie het meer as 300-duisend tydelike poste geskep vir hierdie verkiesing, teenoor 200-duisend in die vorige verkiesing. Die adjunk-hoofverkiesingsbeampte vir Korporatiewe Dienste, Akhtari Henning, skryf die toename toe aan bykomende stembriewe en hoër kiesersgetalle. Die nuwe groep telbeamptes is ontplooi na meer as 23-duisend stemlokale regoor Suid-Afrika. Die OVK het in Mei verlede jaar sy werwing deur middel van ‘n aanlyn portaal bekend gestel, wat jongmense van al nege provinsies bevoordeel het.
RISE Mzansi vra die regering en wetstoepassingsagentskappe intussen om die kultuur en oorsake van geweld en misdaad in die land aan bande te lê gedurende die verkiesing. Woordvoerder Lihle Nyikana sê paaie word gedurende die verkiesingsweek in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal afgesper. Daar is verskeie kwessies wat in Mthatha ‘n rol speel. Nyikana sê indien die regering versuim om die krisis aan te pak, kan daar aangevoer word die verkiesing was nie vry en regverdig nie:
# Cosatu het Eskom, munisipaliteite en hul werknemers gelukgewens met die indrukwekkende verbetering in Eskom se energie-beskikbaarheidsfaktor. Dit het die eerste keer in meer as drie jaar 70-persent oorskry. Matthew Parks van Cosatu sê hierdie beduidende verbetering het gesorg dat die ekonomie vir langer as twee maande die gevolge van beurtkrag gespaar is. Hy sê dit is die gevolg van Eskom se instandhouding van sy bestaande opwekkingsvloot sowel as die beskikbaarheid van nuwe opwekkingsvermoë:
# Rugby: Die Junior Springbokke wil graag op hulle bronsmedalje van verlede jaar verbeter wanneer die Wêreldrugby Onder-20 Kampioenskap volgende maand weer in Suid-Afrika plaasvind. Die Baba Bokke is in Groep C saam met Engeland, Argentinië en Fidji. Die kampioen van verlede jaar, Frankryk, en Wallis, Nieu-Seeland en Spanje is in Groep A, met Ierland, Australië, Georgiё en Italië in Groep B. Die toernooi vind plaas in die Danie Craven-stadion in Stellenbosch, die Athlone-stadion en die Kaapstad-stadion.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-35-sent teen die dollar, 19-rand-98-sent teen die euro en 23-rand-46-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-546-dollar-4-sent. Die prys van goud is twee-duisend-344-dollar-1-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-94-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….