Nuus 15:00
BULLETIN 6 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Elektrisiteit prys 40-dae sonder beurtkrag
# RISE Mzansi Youth skyn die kollig op gegradueerdes wat sertifikate geweier is deur Suid-Afrikaanse universiteite
# En, tennis: Daar is twyfel oor Sinner se deelname aan die Franse Ope weens ‘n heupbesering
# Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, is verheug omdat Suid-Afrika reeds 40-dae lank sonder beurtkrag is. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die vordering van die energie-aksieplan en Eskom se pogings erken, en beklemtoon beduidende verbeterings in onbeplande onderbrekings en aanleg-onderbrekings. Ramokgopa sê bestendige opwekkingsverrigtinge het die land in staat gestel om kragonderbrekings te vermy:
# RISE Mzansi se jeug- en studente-afdelings is hartseer oor universiteite wat kwalifikasies weerhou van 600-duisend studente weens uitstaande skuld ter waarde van meer as 5,8-miljard-rand. Hul gee wel erkenning aan die finansiële druk waaronder universiteite verkeer. Dit sluit in die stygende koste van onderwys en die behoefte aan universiteite om finansieel volhoubaar te wees. Khanyisile Xayimpi van RISE Mzansi sê egter die weerhouding van kwalifikasies weens skuld kan studente vernietig:
# Die Franse president, Emmanuel Macron, voer samesprekings met Xi Jinping in Parys tydens die Chinese leier se staatsbesoek aan Frankryk. Macron sê koördinering met Beijing oor groot krisisse, insluitend Oekraïne en die Midde-Ooste, is noodsaaklik. Hy dring ook aan op billike reëls vir almal wat deel is van handel tussen Europa en China. Macron het tydens ‘n vergadering bygewoon deur die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, gesê Europa se toekoms hang af van sy vermoë om ‘n gebalanseerde verhouding met China te bou.
# Tennis: Die wêreld se nommer twee-speler, Jannik Sinner, se deelname aan die Franse Ope word betwyfel nadat hy aan die Italiaanse Ope in sy vaderland moes onttrek. ‘n Heupbesering het hom verlede week gedwing om aan die Madridse Ope te onttrek en nadat hy uitgevind het hoe ernstig die besering is, het hy gesê hy sal net op Roland Garros speel as hy heeltemal herstel het wanneer die kleibaan Grand Slam-toernooi die 26ste begin. Hy erken die misloop van die toernooi in Rome het sy voorbereidings vir die Franse Open gekniehalter.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-83-sent teen die euro en 23-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-223-dollar-7-sent. Die prys van goud is twee-duisend-321-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-62-sent per vat.
# En, die sterre van The Lord of the Rings het hulle mede-akteur Bernard Hill gegroet, wat bekend was vir sy rol as King Théoden. Hill is oorlede op 79. Die sterre Elijah Wood, Billy Boyd, Dominic Monaghan en Sean Astin, wat die rolle vertolk van die vier hobbits, beskou hom as ‘n familielid. Hill was beroemd vir sy rol as kaptein in Titanic, en sy deurbraak het gekom in Boys from the Blackstuff. Hy het die rol vertolk van die werklose Yosser Hughes.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….