Nuus 15:00
BULLETIN 2 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA bepleit ‘n ondersoek na die ANC se beweerde misbruik van staatsfondse vir die verkiesing
# Trump sê hy word geteiken soos in ‘n Derdewêreldland
# En, Rassie Erasmus kry ‘n eredoktorsgraad van die Noordwes-Universiteit
# Die DA het die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, gevra om ‘n komitee te stig om die toenemende berigte oor die ANC-regering se misbruik van staatsfondse vir verkiesingsveldtogte te ondersoek. Die DA se nasionale woordvoerder, Solly Malatsi, verwys na onlangse voorvalle en klagtes, en beklemtoon buitensporige besteding aan geleenthede. Hy bevraagteken die noodsaaklikheid van hierdie uitgawes en bepleit optrede om verdere misbruik van belastingbetalers se geld voor die verkiesing te voorkom:
In nog ‘n verwikkeling moedig die Die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad alle werkers aan wat op verkiesingsdag gaan werk om môre, voor die sluitingsdatum vir spesiale stemme, te registreer. Die raad doen ook ‘n beroep op alle werkgewers om hul werknemers te ondersteun en toe te laat om in die komende algemene verkiesing te stem. Matthew Parks van Cosatu sê alle werkgewers moet verkiesingsdag as ‘n betaalde openbare vakansiedag beskou en, indien moontlik, werkers die dag af gee:
# Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, gee die Withuis die skuld vir sy regsprobleme en sê hy word geteiken soos in ‘n Derdewêreldland. Hy verskyn vandag weer in die hof oor die beweerde versteking van betalings om ‘n beweerde verhouding met ‘n porno-ster stil te hou. Die regter sal hoor hy het weer ‘n stilswye-opdrag verbreek, wat bedoel is om deelnemers aan die verhoor te beskerm. Trump is Dinsdag met sowat 170-duisend-rand beboet en gewaarsku hy kan tronk toe gaan as hy aanhou om op sosiale media uit te vaar.
# SA Rugby se direkteur van rugby en afrigter van die Wêreldbeker-wenspan, Rassie Erasmus, is vandag vereer met ‘n eredoktorsgraad in Filosofie van Afrigtingswetenskap aan die Universiteit van Noordwes. Die instelling sê dit gee erkenning aan sy leierskap in die Springbokke se triomfantelike Wêreldbekerveldtogte van 2019 en ’23, sy globale afrigtingsroem en sy toewyding aan verskeidenheid, insluiting en maatskaplike verantwoordelikheid. Erasmus word geloof vir die skep van eenheid en versoening, wat agtergronde en geloof in die land oorsteek.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-64-sent teen die dollar, 19-rand-96-sent teen die euro en 23-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-57-dollar-61-sent. Die prys van goud is twee-duisend-300-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-90-sent per vat.
# En ten slotte, meer Suid-Afrikaners wend hul tot gesamentlike huiskoop weens stygende skulddienskoste en die hoë lewenskoste. FNB het die afgelope ses maand ‘n toename van 36-persent aangemeld in lenings wat vir gesamentlike huiskoop uitbetaal is, met tot 12 mense wat saam ‘n huis kan koop. Gauteng en die Wes-Kaap koop die meeste gesamentlike huise, met welgestelde kliënte wat hierdie metode kies vir vakansie- en semigrasie-eiendomme. Mfundo Mabaso van FNB sê die neiging is veral algemeen onder kliënte wat bekostigbare behuising wil hê en tussen drie-duisend-500- en 29-duisend-600-rand per maand verdien.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….