Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 29 April 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê Suid-Afrika se verkiesing is in gevaar in die buiteland weens DIRCO se agtelosigheid
# Kaapstad gaan 4-miljard-rand belê in die opgradering van die elektrisiteitsnetwerk
# En, rugby: England se voorspeler Billy Vunipola is in Mallorca in hegtenis geneem
# Die DA waarsku oor moontlike verkiesingsontwrigtings in die buiteland op 17 en 18 Mei weens versuim om te begroot vir die hernuwing van diplomatieke sakke. Dié diens is noodsaaklik vir kommunikasie en die uitruiling van dokumente by konsulate en ambassades wêreldwyd, en noodsaaklik vir buitelandse burgers om dokumente soos huweliksertifikate en paspoorte te bekom. Die party wil nou die Verkiesingskommissie vra om alternatiewe maniere te vind om stembriewe te versprei. Die DA-lid, Emma Louise Powell, versoek die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, om vinnig ‘n ononderbroke diens te verseker.
# Die Stad Kaapstad beplan om oor die volgende drie jaar meer as vier-miljard-rand in die opgradering en instandhouding van die elektrisiteitsnetwerk te belê. Dit is deel van die stad se voorgestelde Bou vir Werksgeleenthede-begroting vir 2024/2025. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê met dié belegging sal hulle verseker dat Kaapstad se kragnetwerk-infrastruktuur ‘n dinamiese nuwe energietoekoms kan hanteer:
# ActionSA in KwaZulu-Natal sê hy sal by die volgende raadsvergadering ‘n mosie indien om eThekwini Munisipaliteit te laat herdoop na Mangosuthu Buthelezi, ter ere van die voormalige Zoeloe-premier, wat in September verlede jaar in die ouderdom van 95 oorlede is. Sanelisiwe Zuma van ActionSA sê, Buthelezi se lewenslange stryd teen apartheid, en sy voorspraak vir vrede en versoening, verdien dié soort erkenning en eerbetoon:
# Rugby: Engeland en Saracens se voorspeler Billy Vunipola is in hegtenis geneem ná ‘n beweerde gewelddadige voorval in Mallorca, Spanje. Die Engelse Premierskap-klub Saracens sê hulle is bewus van die voorval en sal die saak intern hanteer. ‘n Plaaslike koerant sê die 31-jarige Vunipola is twee keer deur die polisie geskok. Volgens die verslag het hy op ‘n stadium sy hemp uitgetrek en verbygangers gekonfronteer. Hy is deur agt polisiebeamptes onder bedwang gebring en geboei. Hy is vandaar na ‘n hospitaal geneem waar hy verdoof moes word.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-71-sent teen die dollar, 20-rand-5-sent teen die euro en 23-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-227-dollar-44-sent. Die prys van goud is twee-duisend-341-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 88-dollar-16-sent per vat.
# En, ten slotte: Die Palestynse skrywer, Basim Khandaqji, het gister die Internasionale Prys vir Arabiese Fiksie ontvang vir sy roman, A Mask, the Colour of the Sky, by ‘n geleentheid in Abu Dhabi. Khandaqji het die prysgeld van 937-duisend-rand gewen asook befondsking vir ‘n Engelse vertaling. Khandaqji is sedert 2004 lewenslank in die tronk weens terrorisme vir die beplanning en deelname aan ‘n boomaanval by die Kameelmark in Tel Aviv. Sy boek vertel die verhaal van Nur, ‘n Palestynse argeoloog in ‘n vlugtelingkamp in Ramallah, en beskryf lewe agter die veiligheidsomheining.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….