Nuus 15:00
BULLETIN 26 April 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom sal hoogstens Fase 2-beurtkrag handhaaf dié winter
# Die Tanzaniese regering sluit van sy kragstasies te midde van té veel beskikbare elektrisiteit op sy netwerk
# En, Rugby: Mylpale vir drie Stormers-spelers wanneer hulle Leinster aandurf
# Eskom het aangekondig hy verwag niks hoër as Fase 2-beurtkrag tydens die wintermaande nie. Die uitvoerende hoof, Dan Marokane, het die wintervooruitsigte vanweë aanlegprestasie beklemtoon. Marokane sê Kusile-eenhede wat weer werk voor skedule en die herstel van onbeplande beurtkragverliese help verder om die fases van beurtkrag te verminder. Hy sê Eskom teiken ‘n verdere 1,7-gigawatt deur verminderde verliese en projekte rondom aanvraag.
# Die DA sê ondanks sekere welkome wysigings aan die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, is hy steeds sterk daarteen gekant. Die Nasionale Raad van Provinsies se Gekose Komitee oor Onderwys, Tegnologie, Sport, Kuns en Kultuur het die jongste weergawe van die Bela-wetsontwerp aanvaar. Dit bevat ‘n breër definisie van lyfstraf. Delmaine Christians van die DA sê hulle is steeds bekommerd oor die potensiële impak van die wetsontwerp op skole en gemeenskappe:
# ’n Brand het gister uitgebreek by die woonkwartiere van die Kgosi Mampuru II-korrektiewe fasiliteit in Pretoria. Die brand het vier eenhede van ‘n ongeveer 150-meter-lange struktuur verswelg. Vier vroue wat vir rookinaseming behandel is, is ‘n stabiele toestand en is in nabygeleë hospitale geneem. Die woordvoerder, Charles Mabaso, sê die oorsaak van die brand word nog ondersoek:
# Die Tanzaniese regering het die tydelike sluiting aangekondig van vyf hidro-elektriese fasiliteite om ‘n oorlaaide kragnetwerk aan te spreek. Dié geskiedkundige stap is in reaksie op die oormaat krag wat gelewer is deur die nuwe Julius Nyerere-hidro-kragprojek. Die eerste minister, Kassim Majaliwa, beklemtoon die noodsaaklikheid van innoverende strategieë om die waterbronne van Julius Nyerere hidro-elektriese stasies vir gemeenskapsvoordeel te benut.
# Rugby: Die stut Brok Harris sal môre die eerste speler word wat 150 wedstryde vir die Stormers gespeel het, wanneer hy uitdraf vir die VRK-wedstryd teen Leinster in Kaapstad. Die losvoorspelers Evan Roos en Marcel Theunissen sal albei in hul 50ste wedstryde speel. Daar is net twee veranderings aan die agterlyn, met Damian Willemse langs Dan du Plessis in die agterlyn en Herschel Jantjies op skrumskakel. Die Stormers se direkteur van Rugby, John Dobson, verwag ‘n epiese stryd met albei spanne wat terugveg ná nederlae verlede week, en met die oog op die uitklopwedstryde.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-85-sent teen die dollar, 20-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-172-dollar-36-sent. Die prys van goud is twee-duisend-347-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 88-dollar-34-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….