Nuus 15:00
BULLETIN 5 November 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering loof kiesers vir die uitoefening van hul demokratiese reg in die verkiesing
# Die Direkteur van Openbare Vervolgings verwerp Fannie Nkosi se versoek om die aanklagte teen hom te hersien
# En tennis: Die tafel is gedek vir die WTA-eindtoernooi in Indian Wells
# Die regering het Suid-Afrikaners bedank vir hul deelname aan die munisipale verkiesing en die uitoefening van hul demokratiese reg om te stem. Hy het die Verkiesingskommissie, wetstoepassingsagentskappe, werkgewers en vrywilligers geprys vir hul bydraes om ‘n vreedsame en geloofwaardige verkiesingsproses te verseker. Die regering se adjunkwoordvoerder, William Baloyi, het burgers aangespoor om verenig te bly en verkose verteenwoordigers aanspreeklik te hou. Hy sê demokrasie vereis voortgesette openbare deelname na verkiesings om dienslewering te verbeter:
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party wil munisipaliteite intussen as openbare instellings versterk en interne vermoëns uitbou. Die party se nasionale woordvoerder, Mbulelo Mandlana, het in die Verkiesingskommissie se nasionale uitslagsentrum in Midrand, Gauteng, gesê hulle verwerp die uitkontraktering van munisipale werk en afhanklikheid van raadgewers, want dit ondermyn indiensneming. Mandlana beklemtoon die SAKP, wat die eerste keer onafhanklik aan die verkiesing deelgeneem het, wil groter werkersklas-deelname in plaaslike bestuur bevorder:
# Die Direkteur van Openbare Vervolging het die voormalige polisiesersant Fannie Nkosi se aansoek geweier om strafregtelike aanklagte teen hom te hersien. Sy regsverteenwoordiger, Katlego Maleho, het ook onttrek. Nkosi het vandag in die Landdroshof in Pretoria-Noord verskyn ná sy bedanking uit die Polisiediens verlede maand. Die aanklagte teen hom sluit in regsverydeling, diefstal en bedrog in verband met sy beweerde inmenging met polisiebewyse in Limpopo, en die besit van onwettige vuurwapens, ammunisie en amptelike polisiedokumente.
# Die Wes-Kaapse LUR, Ivan Meyer, het afgevaardigdes amptelik in Kaapstad verwelkom vir die 31ste Statebond-Landboukonferensie wat hierdie week plaasvind. Hy het tydens sy toespraak beklemtoon landbou verbind mense, ekonomieë en nasies. Meyer het klimaatsverandering, waterskaarste en stygende koste as die grootste uitdagings uitgelig. Hy sê vernuwing en samewerking bied geleenthede vir groei, voedselsekerheid en volhoubare ontwikkeling in die Statebond:
# Tennis: Die tafel is gedek vir die WTA-eindtoernooi wat Sondag in Indian Wells, Amerika, begin. Die wêreld se agt beste vrouespelers sal in rondomtalie-formaat meeding en die twee voorste spelers in elke groep dring deur na die halfeindronde. Die topgekeurde Elena Rybakina van Kazakstan is saam met die Amerikaners Coco Gauff en Jessica Pegula en die Tsjeg Linda Noskova in Groep Een. Die wêreld-nommer-twee, Aryna Sabalenka, voer Groep Twee aan, wat ook bestaan uit die Rus Mirra Andreeva, Elina Svitolina van Oekraïne en nog ‘n Tsjeg, Karolina Muchova.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-37-sent teen die dollar, 18-rand-38-sent teen die euro en 22-rand-4-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-205-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-134-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 99-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….