Nuus 15:00
BULLETIN 30 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Taxi-sloerstaking laat Kaapstadse pendelaars gestrand
# AfriForum eis verligting van kragtariewe ná Eskom se wins van 30-miljard-rand
# En drie mense sterf toe twee helikopters naby ‘n lughawe in Oregon in die lug bots
# Die Wes-Kaapse regering sê taxi-operateurs se ongemagtigde versetoptrede ontwrig dienste op verskeie staanplekke in Kaapstad, insluitend Nyanga, Wynberg, Mfuleni en Langa. Daar was geen taxi’s beskikbaar in Nyanga en Wynberg nie en slegs beperkte diens in ander gebiede wat geraak is. Die LUR vir Beweeglikheid, Isaac Sileku, sê bus- en treindienste is wel beskikbaar vir pendelaars. Sileku voeg by pendelaars behoort nie die prys te betaal vir geskille in die taxibedryf nie:
# AfriForum vra Eskom om verligting op kragtariewe te bied nadat die kragvoorsiener in die vorige boekjaar ‘n wins van 30-miljard-rand aangeteken het. Die organisasie het voor Eskom se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg, betoog en ‘n spaarvarkie en versoekskrif oorhandig waarin antwoorde geëis word oor stygende elektrisiteitskoste, bestuursbonusse en ‘n bykomende inkomste-eis van 58-miljard-rand. Deidré Steffens van AfriForum sê verbruikers moes jare lank beurtkrag en stygende kragtariewe verduur:
# Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Sibonelo Nomvalo, koester geen wrok teenoor partyleier Jacob Zuma weens sy afdanking nie. Hy is kwaad vir mense wat glo Zuma se ouderdom uitgebuit het tot nadeel van die organisasie. Nomvalo het partylede op ‘n nuuskonferensie beskuldig dat hulle versinde intelligensieverslae aan Zuma voorgelê het. Hy sê hy wou aandag skenk aan faksievorming, onbestendigheid en versuim om aan Verkiesingskommissie-vereistes te voldoen, maar interne verdeeldheid het sy pogings ondermyn:
Nuus uit die buiteland:
# Drie mense is dood toe twee helikopters naby die McMinnville Munisipale Lughawe in die Amerikaanse deelstaat Oregon in die lug gebots het. Die Robinson R22 en ‘n Airbus-helikopter het albei in ‘n veld langs ‘n hoofpad neergestort. Die slagoffers is geïdentifiseer as ‘n 22-jarige vlieginstrukteur van Texas en ‘n studente-vlieënier van Brittanje wat in een van die helikopters was, en die enigste insittende van die ander helikopter. Die Federale Lugvaartadministrasie en die Nasionale Vervoerveiligheidsraad lei die ondersoek.
# Tennis: Elena Rybakina van Kazakstan sluit die seisoen as die wêreld-nommer-een- af nadat sy die kwarteindronde van die Japannese Ope in Tokio gehaal het. Dit is ‘n uitstekende seisoen vir die 27-jarige, waarin sy nog twee Grand Slam-titels ingepalm het op die Australiese en die Amerikaanse Ope en Aryna Sabalenka van Belarus boaan die ranglys verbygesteek het. Dit beteken Rybakina sal die eerstegekeurde wees op die WTA-eindtoernooi wat volgende Sondag in Indian Wells, Kalifornië, begin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-64-sent teen die dollar, 18-rand-63-sent teen die euro en 22-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-582-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-970-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 118-dollar-41-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….