Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 Julie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA versoek ‘n dringende ondersoek na Malema en Shivambu se beweerde betrokkenheid by die plundering van VBS-bank
# Die regering gryp in om families by te staan te midde van die Kaapstadse oorstromings
# En, tennis: Net vier mans is oor in die enkelspel op Wimbledon
# ActionSA in Limpopo sê hy gaan die polisie en die Valke vra om die EFF-leier, Julius Malema, en onderleier Floyd Shivambu se beweerde betrokkenheid by die VBS Mutual Bank-skandaal te ondersoek. Victor Mothemela van ActionSA sê dit volg op die bank se gewese voorsitter, Tshifhiwa Matodzi, se beëdigde verklaring waarin hy Shivambu en Malema regstreeks betrek by die plundering van VBS. Mothemela sê die party is ten volle daartoe verbind om korrupsie te bekamp:
# Die regering verleen bystand om minstens 500 huishoudings te hervestig wat deur die swaar reën en vloede in Kaapstad geraak word. Die minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi, en adjunkminister Tandi Mahambehlala het ‘n afvaardiging gelei wat vordering moes bepaal ten opsigte van behuisingsingrypings. Kubayi sê die tydelike hervestigings na die Westelike Provinsie se Regeringskool is daarop gemik om onmiddellik skuiling te verskaf voor permanente hervestiging. Sy sê die fokus is op pro-aktiewe rampvoorkoming:
# Verskeie opposisiepartye vra vinniger uitreiking van mynlisensies en kritiseer die huidige tempo. Dit volg op die Departement van Minerale en Petroleum Hulpbronne se begrotingsdebat van 11-miljard-rand in die Parlement. Minister Gwede Mantashe het planne onthul om uitdagings aan te pak, onder meer onwettige mynbou. RISE Mzansi se parlementslid, Songezo Zibi, wys op knelpunte wat die uitreiking van mynregte en permitte vertraag, en dring aan op vinniger optrede:
Die Suid-Afrikaanse mynbedryf het intussen in 2023 ongeveer 14-miljard-rand aan tantieme en 90-miljard-rand aan belasting betaal. Die bedryf het in omgewings-, maatskaplike en bestuursprojete belê ondanks ekonomiese uitdagings, met 2,3-miljard-rand jaarliks in maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling en 5,1-miljard-rand in opleiding. Mynmaatskappye is gewoonlik krities oor groentegnologie-minerale, maar fokus nou aktief op verantwoordelike praktyke. Hulle takel ook omgewingsuitwerking met die ontwikkeling van 16-duisend megawatt hernubare energie.
# Tennis: Net vier mans bly oor in die enkelspel op Wimbledon. Die derde-gekeurde verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje, speel in die eerste halfeindstryd op die All England-klub teen die vyfde-gekeurde Rus Daniil Medvedev. Die tweede wedstryd sal plaasvind tussen die tweede-gekeurde, sewemalige kampioen Novak Djokovic van Serwië en die 25ste-gekeurde Lorenzo Musetti van Italië, wat die eerste keer in sy loopbaan die voorlaaste ronde gehaal het. Die mans-eindstryd word Sondag gespeel met die vroue-eindstryd wat môre plaasvind tussen Jasmine Paolini van Italië en die Tsjeg Barbora Krejčíková.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-99-sent teen die dollar, 19-rand-59-sent teen die euro en 23-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 56-duisend-162-dollar-37-sent. Die prys van goud is twee-duisend-402-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-74-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….