Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# SANParke sluit dele van die Tafelberg- en die Tankwa Karoo-park weens oorstromings en sneeu
# Die Gautengse LUR besoek gesinne van die Carletonville-ongelukslagoffers
# En, tennis: Dit is vandag vroue halfeindrondedag op Wimbledon
# SANParke sê verskeie dele van die Tafelberg Nasionale Park en die hele Tankwa Karoo Nasionale Park is gesluit weens oorstromings en swaar sneeu in die Wes-Kaap. Die dele wat toe is sluit in die Kaappunt-oornagstaproete en toegang tot verskeie hutte en kampe. Stappers word aangeraai om alle roetes te vermy, veral vandag. Woordvoerder JP Louw vra besoekers om weg te bly van die gebiede en versigtig te wees:
# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Sport, Kuns en Kultuur, Matome Chiloane, besoek die gesinne van leerders wat gister in ‘n ongeluk by Carletonville dood is. Twaalf leerders en die bestuurder het gesterf toe ‘n bakkie hulle skoolbussie getref het, waarna dit gerol en in vlamme uitgebars het. Elf leerders van Rocklands Primary en een van Laerskool Blyvooruitsig is dood. Sewe ander sterk in die hospitaal aan. Woordvoerder Steve Mabona sê Chiloane is hartseer oor die verlies.
AZAPO vra die regering intussen om te belê in doeltreffende openbare vervoer en te verseker daar is minder privaat voertuie en vragmotors op Suid-Afrika se paaie. Woordvoerder Jabu Rakwena sê in 2022 is 18 leerders en twee volwassenes in KwaZulu-Natal dood toe ‘n vragmotorbestuurder op ‘n sperstreep in aankomende verkeer verbygesteek en met ‘n bakkie gebots het:
# Die DA is steeds die amptelike posisie in die Noord-Kaap. Dit volg na die samestelling van komitees en die verkiesing van voorsitters in die provinsiale wetgewer. Ten spyte van minder as 50-persent ondersteuning het die ANC ‘n koalisie gevorm met die Vryheidsfront Plus en die Patriotic Alliance om die mag te verseker asook die premierskap vir Zamani Saul. Die DA het die tweede meeste stemme gekry en onderneem om die uitvoerende gesag en die provinsiale departemente aanspreeklik te hou, korrupsie en werkloosheid te beveg en dienslewering te verbeter.
# Tennis: Dit is vandag die halfeindrondedag vir vroue op Wimbledon. Die vierde gekeurde Elena Rybakina van Kazakstan, die hoogste gekeurde wat nog oorbly, speel teen Barbora Krejčíková van die Tsjeggiese Republiek, na oorwinnings oor onderskeidelik Elina Svitolina van Oekraïne en Jelena Ostapenko van Letland. Die sewende-gekeurde Jasmine Paolini van Italië het haar plek in die voorlaaste ronde bespreek met ‘n oorwinning oor die Amerikaner Emma Navarro. Sy speel teen Donna Vekic van Kroasië, wat die Nieu-Seelandse kwalifiseerder Lulu Sun uitgeskakel het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-6-sent teen die dollar, 19-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-27-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-219-dollar-13-sent. Die prys van goud is twee-duisend-383-dollar-39-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-45-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….