Nuus 14:00
BULLETIN 14 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# LP’s is gefrustreerd oor die stadige vordering met die instelling van die Zondo-kommissie se aanbevelings
# Cosatu sê die Parlement moet die DA se roekelose Wetsontwerp op Verantwoordelike Besteding verwerp
# En, rugby: George North tree uit na 14-jaar se toetsrugby vir Wallis
# Parlementslede is gefrustreerd oor staatsondernemings se stadige vordering met die instel van die aanbevelings van die Zondo-kommissie. Die portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings is ingelig oor optrede, insluitend teen misdadigheid en strafregtelike sake. Komiteelede vra meer besonderhede en is bekommerd oor die gebrek aan deursigtigheid. Die komitee moes hoor 25 voormalige senior bestuurders van Eskom is uitgeken vir insluiting op die databasis, wat die behoefte onderstreep aan besliste stappe om aandag te gee aan staatskaping-komplikasies.
# Cosatu vra die Nasionale Vergadering om, wat hy noem, die DA se roekelose Wetsontwerp op Verantwoordelike Besteding te verwerp. Die vakbondfederasie sê die wetsontwerp is ‘n poging om tien-persent plus salarisverlagings vir die volgende vier-jaar en daarna af te dwing op verpleegkundiges, onderwysers, polisiebeamptes en staatsamptenare wat reeds min verdien. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê die DA se wetsontwerp ontkoppel verhogings in salarisse van skoonmakers, verpleegkundiges, Korrektiewe Diens-amptenare en ander staatsdienswerkers sodat hul eerder aan die ekonomie se groeikoers gekoppel is en nie aan inflasie nie:
# Die Departement van Rekeningkunde in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria het die Lizette Kotzé-ondersteuningsfonds gestig. Dit is ter ere van die dosent wat in Desember oorlede is. Die dekaan van die fakulteit, professor Margaret Chitiga-Mabugu, sê die fonds hoop om by te dra tot die uiteenlopende behoeftes van studente. Sy sê hulle kan Kotzé deur dié program vereer vir haar toewyding aan navorsing en haar studente om te verseker dat sy toekomstige geslagte en studente aan die universiteit inspireer.
# Rugby: George North dra die nommer 13-trui in sy laaste wedstryd vir Wallis wanneer hulle Italië Saterdag in ‘n Sesnasies-kragmeting pak. Die 31-jarige senter tree uit na 120 toetse en 235 punte sedert sy debuut in 2010. Hy het ook die Britse en Ierse Leeus in drie wedstryde verteenwoordig. North het verlede week se nederlaag teen Frankryk misgeloop. Wallis is tans laaste op die punteleer en moet die Azzurri klop om nie heel onder te eindig nie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-59-sent teen die dollar, 20-rand-34-sent teen die euro en 23-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-299-dollar-12-sent. Die prys van goud is twee-duisend-168-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-55-sent per vat.
# En, die stad Kaapstad maak gereed vir ‘n besige week vol gebeurtenisse, met minstens 37 geleenthede die komende paar dae. Bo-aan die lys in die Moederstad is die 13de Kaapstadse Karnaval. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die karnaval, met meer as een-duisend-400 kunstenaars, vind Saterdag plaas. Hy sê die Cape Town Surf Pro-branderrykompetisie vind ook die naweek op Langstrand by Kommetjie plaas:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….