Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 Julie 14 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Ramokgopa sê die energie-beskikbaarheidsfaktor het verbeter tot 61,5-persent
# ‘n Vereniging kritiseer die vorige Departement van Minerale Hulpbronne omdat Suid-Afrika se brandstofprys-metodologie nie hersien is nie
# En, krieket: Temba Bavuma is terug en Matthew Breetzke speel in sy eerste toets teen die Windies
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die energie-beskikbaarheidsfaktor het tot 61,5-persent verbeter. Hy skryf dit toe aan deurgaande voorkeur-ingryping van die instelling van die Energie-aksieplan en behoorlike onderhoud aan eenhede. Die minister herhaal sy standpunt dat die uitdiensstelling van kragstasies vertraag moet word. Daarby bevestig hy ‘n positiewe wintervooruitsig, met Eskom wat ses-duisend-megewatt onbeplande vermoënsverlies herwin het, wat dit afbring na 12-duisend-megawatt:
# Die Vereniging vir Motorbedryfpersoneel kritiseer die vorige Departement van Minerale Hulpbronne omdat Suid-Afrika se brandstofprys-metodologie van die aankondiging daarvan in 2022 nie hersien is nie. Ondanks beloftes, waaronder betrokkenheid by die hersieningskomitee, is geen vordering gemaak nie. Die vereniging sê hoë brandstofheffings en belasting bly van krag, wat aansienlike inkomste vir die regering gee, maar verbruikers belas. Met die departement wat nou in twee verdeel is, is die vereniging bekommerd oor nog vertragings met die kwessie. Hy beklemtoon die dringende behoefte aan ekonomiese verligting en alternatiewe inkomstebronne.
# President Abdel Fattah el-Sisi van Egipte het president Cyril Ramaphosa gelukgewens met sy onlangse herverkiesing. Hulle het hulle verbintenis tot bilaterale, kontinentale en multilaterale samewerking herbevestig. Albei leiers het onderneem om broederlike bande te versterk en ekonomiese samewerking uit te brei, insluitende handel en wedersydse belegging. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, waardeer El-Sisi se goeie wense:
# Krieket: Die Proteas se toets-afrigter, Shukri Conrad, het Temba Bavuma as kaptein ingesluit in die groep van 16 spelers vir die reeks van twee toetse teen die Windies. Die paaltjiewagter Ryan Rickelton is ook terug in die groep en die kolwer Matthew Breetzke gaan in sy eerste toets speel na ‘n indrukwekkende somer. Die eerste toets begin op 7 Augustus in Trinidad en die tweede op 15 Augustus in Guyana. Conrad sê hulle het besluit om die veelsydige Marco Jansen vir hierdie reeks te laat rus:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-14-sent teen die dollar, 19-rand-66-sent teen die euro en 23-rand-27-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-705-dollar-62-sent. Die prys van goud is twee-duisend-371-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-66-sent per vat.
# Ten slotte: Verlede maand was warmer as enige ander Juniemaand op rekord en die 13de opeenvolgende maand met temperature wat 1,5-grade Celsius hoër is as die gemiddeld tussen 1850 en 1900. Dit is volgens die Europese klimaatsdiens, Copernicus. Wêreldleiers het in 2015 die Paryse Verdrag onderteken en beloof om te keer dat temperature wêreldwyd met meer as 1,5-grade Celsius styg. Copernicus se wetenskaplikes sê daar is hoop dat die hittegolwe met rekord-temperature binnekort sal ophou, maar nie die klimaats-chaos wat daarmee saamgaan nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….