Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 26 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ontleder vra ‘n parlementêre debat oor die samestelling van die regering van nasionale eenheid
# Operasie Vulindlela-konferensie fase 2 brei uit om ekonomiese groei aan te dryf
# En, boks: Oleksandr Usyk is nie meer die onbetwiste kampioen nie nadat hy sy IBF-gordel prysgee
# Die politieke ontleder, Mpumelelo Mkhabela, glo die samestelling van die regering van nasionale eenheid moet in die Parlement gedebatteer word. Hy glo sulke besluite kan nie aan onverkose onderhandelaars, soos die voorsitter van die federale raad van die DA, Helen Zille, en die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, oorgelaat word nie. Volgens Mkhabela is daar krake en verskillende interpretasies en openbare deelname en deursigtigheid is nodig. Hy glo die verklaring van voorneme moet in die Parlement bespreek word om die publiek se stem te eerbiedig asook hulle regeringsvoorkeure.
# Operasie Vulindlela werk aan die tweede fase van bedrywighede om bykomende strukturele hervormings, bo en behalwe elektrisiteit, logistiek en vaardighede, by te voeg, om oor die volgende vyf jaar ekonomiese groei te bevorder. Die doel is om bindende beperkings op ekonomiese prestasie te pak om groen en digitale groei te bevorder. ‘n Voormalige adjunkminister van Finansies, David Masondo, het tydens ‘n konferensie in Rosebank gepraat en die konsolidering van vordering beklemtoon:
# Eskom sê hy het in die 2023/2024-boekjaar ‘n 5-persent-afname in misdaadvoorvalle regoor die onderneming aangeteken. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê ‘n kontrakteur se werknemer is Sondag in hegtenis geneem vir beweerde diefstal en die besit van koperkabel by die Matla-kragstasie in Mpumalanga. Sy sê die arrestasie van die verdagte strook met die kragvoorsiener se geen-verdraagsaamheidsbenadering teenoor onwettige bedrywighede:
# Die FNB/BER Siviele Vertroue-indeks het in die tweede kwartaal van 2024 tot 44 gedaal teenoor 47 in die eerste kwartaal met siviele kontrakteur-sentiment effens laer. Groei in bedrywighede was na berig word ook stewig, maar het ietwat laer gebly. Verbeterde bestelboeke toon voortgesette ondersteuning in die kort-tot-medium termyn. Ten spyte van die daling, toon sentiment, al is dit bo die langtermyn gemiddeld, kommer oor die invloed van die politieke omgewing, misdaad en korrupsie op die groot kontrakteurs in die privaat sektor.
# Boks: Vyf weke nadat hy die eerste onbetwiste swaargewig-bokskampioen in bykans 25 jaar geword het, het Oleksandr Usyk een van sy gordels prysgegee. Usyk het Tyson Fury op 18 Mei in ‘n nie-eenparige oorwinning geklop, om nou ook die WBC-titel by sy WBA, WBO en IBF-versameling te voeg. Volgens die Oekraïner kan sy IBF-gordel op die spel wees vir die wenner van die verwagte geveg tussen twee Britte, Anthony Joshua en Daniel Dubois. Usyk behou sy IBF-gordel vir sy herontmoeting met Fury in Desember.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-16-sent teen die dollar, 19-rand-50-sent teen die euro en 22-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-241-dollar-59-sent. Die prys van goud is twee-duisend-311-dollar-54-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….