Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid moet mense se belange voorop stel
# ‘n Ontleder maan Ramaphosa staan voor ‘n kritieke stabiliteitsbesluit oor die kabinet
# En, rugby: Scott Barrett is aangewys as die nuwe All Blacks-kaptein
# President Cyril Ramaphosa sê alles moet in die stryd gewerp word om te verseker die regering van nasionale eenheid bly getrou aan die gees van samewerking en goedertrou die lewens van die land en al sy mense te bevorder. Ramaphosa sê namate die partye die modaliteite van die regering van nasionale eenheid finaliseer, is die dae en weke wat voorlê, krities. Hy sê politieke partye moet nie hulle energie mors op diegene wat in die pad staan van die land se vooruitgang nie, of momentum verloor oor verskille wat opgelos kan word nie.
Ramaphosa staan ondertussen voor ‘n deurslaggewende besluit om met sy keuses vir die kabinet die volhoubaarheid van die regering van nasionale eenheid te verseker. ‘n Professor in Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg, Siphamandla Zondi, het aan die SABC gesê om klein partye te onderskat sal onwys wees weens hulle sleutelrol. Volgens Zondi is dit moontlik vir die ANC en DA om die land alleen te regeer, maar die koalisie sluit tien politieke partye in om vertroue en die dinamiek tussen die twee groter partye te handhaaf.
# Die Algemene Werkersvakbond, Giwusa, sê Suid-Afrikaanse werkers in die glassektor kry effektief vanaf 1 Julie vanjaar ‘n salarisverhoging van 6-persent. Die woordvoerder van Giwusa, Koketso Phasha, sê die verhoging word gebaseer op die gemiddelde Verbruiksprysindeks plus 0.5-persent met ‘n vloer van 6-persent en ‘n plafon van 7-persent. Volgens Phasha is werkers die werklike skeppers van welvaart in die gemeenskap en verdien hulle billike aandeel daarvan:
# Rugby: Scott Barrett is deur die hoofafrigter, Scott Robertson, as die All Blacks-kaptein aangewys vir sy eerste spangroep vir die reeks van twee toetse teen Engeland aanstaande maand. Barrett neem oor by Sam Cane wat Nieu-Seeland sedert 2020 aangevoer het. Robertson het losvoorspeler en wêreld speler van die jaar vir 2023, Ardie Savea, as onderkaptein aangewys saam met Barrett se broer, die senter, Jordie. Daar is drie Barretts in die groep, met ouer broer, Bauden, die wêreld speler van die jaar in 2016 en 2017, die ander een.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-14-sent teen die dollar, 19-rand-45-sent teen die euro en 22-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-503-dollar-55-sent. Die prys van goud is twee-duisend-325-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-70-sent per vat.
# Ten slotte: Een van twee groen waterstofaanlegte in Suid-Afirka is in Coega in die Oos-Kaap gevestig. Met die samelewing wat maniere ondersoek om ‘n klimaat-veerkragtige omgewing te skep, hou akademici van die Nelson Mandela-universiteit en belanghebbendes webinare om die voordele en beperkings van groen waterstof in die Suid-Afrikaanse konteks te bespreek. ‘n Navorser, Gary Koekemoer, het die projek se potensiële rol in werkskepping benadruk:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….