Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die speaker van die Nasionale Vergadering beklemtoon die belangrikste punte op die agenda vir die Parlement
# Die Wes-Kaapse premier vra ‘n kleiner kabinet
# En, die Olimpiese Spele: Nog Suid-Afrikaanse atlete word bekendgemaak vir Parys
# Die nuutverkose speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het van die belangrikste punte op die lys wanneer die Parlement vergader bevestig. Didiza sê alle parlementslede wat nog nie ingehuldig is nie, insluitend 58 MK-partylede, sal dan die geleentheid hê. MK sal saam met die progressiewe koukus die amptelike opposisie vorm. Didiza het ook die sameroeping van die Reëls en Programmeringskomitees bevestig, en die hervatting van die begrotingsdebat om departementele hulpbronbenutting te skets.
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê ondertussen dit is noodsaaklik om die kabinet te verklein om die sukses van die regering van nasionale eenheid te verseker. Hy beklemtoon ‘n ervare, vaardige en eerlike kabinet is noodsaaklik vir politieke stabiliteit en om beduidende hervormings te implementeer. Winde glo die volgende kabinet moet verandering aanvoor en die ekonomie verbeter:
# Die algemene werkersvakbond Giwusa sê hy is bekommerd oor die stand van sake in Suid-Afrika, veral rondom die ekonomie. Koketso Phasha van Giwusa sê ‘n groot bron van kommer is die stygende koste van basiese goedere, soos uitgebeeld in ‘n onlangse verslag. Hy voeg by Suid-Afrikaners sien dalings wat eintlik net druppels in ‘n oseaan van stygende pryse is, en verdere pyn vir verbruikers voorspel:
# Die Automobiel-Assosiasie raai motoriste aan om instandhouding aan hulle voertuie te doen voor die winter regtig inskop. Volgens die AA kan die koue weer probleme wat van die warmer maande oorstaan, laat vererger. Dit sê mense bestuur minder in die wintermaande en dit is die ideale geleentheid om te versien. Die AA beklemtoon die gereelde nagaan vir optimale prestasie en padveiligheid. Dit wys ook op die belangrikheid van persoonlike veiligheid gedurende die korter winterdae weens meer misdadige bedrywighede.
# Olimpiese Spele: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee het Span Suid-Afrika se verteenwoordiging by die Spele in Parys ‘n goeie hupstoot gegee toe nog name en sportkodes aangekondig is. Sascoc sê daar is nou 114 atlete in 15 kodes in die span. Bekende name wat by Span Suid-Afrika aansluit, is Johanita Scholtz, wat al twee goue medaljes in pluimbal by die Afrika Spele behaal het, die driekampatleet Henri Schoeman, en die roeier John Smith. Die Spele begin op 26 Julie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-12-sent teen die dollar, 19-rand-44-sent teen die euro en 23-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-701-dollar-51-sent. Die prys van goud is twee-duisend-334-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….