Nuus 14:00
BULLETIN 14 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema en sy party se LP’s is ingehuldig ondanks hulle laat aankoms
# Die voormalige adjunkpresident sê ANC moet homself nooit weer in hierdie posisie bevind nie
# En, Olimpiese Spele: Nadal gaan Wimbledon misloop om voor te berei vir die Spele in Parys
# Die EFF se leier, Julius Malema, adjunkpresident Floyd Shivambu en die party se parlementslede is ingehuldig al het hulle laat opgedaag vir die eerste sitting van die Nasionale Vergadering. Die EFF se 39 LP’s het hul eed afgelê en beloof om die Grondwet te handhaaf. Hoofregter Raymond Zondo is voorsitter van die seremonie in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum. Hy sê dis die begin van die sewende demokratiese Parlement ná die verkiesing:
Intussen sê die voormalige adjunkpresident, Phumzile Mlambo-Ngcuka, die ANC moet strategieë instel om in die toekoms die nodigheid vir die vorming van ‘n regering van nasionale eenheid te vermy. Sy is van mening die ANC het aanvaar hy sou altyd ‘n volstrekte meerderheid behaal, maar kon hierdie keer nie die kiesers oortuig nie. Mlambo-Ngcuka beklemtoon dit gaan uitdagend wees om ‘n koalisieregering te bestuur aangesien die ANC hard sal moet werk om Suid-Afrikaners se vertroue terug te wen.
# ‘n Politieke ontleder, André Duvenhage, glo president Cyril Ramaphosa se onlangse ondertekening van drie wetsontwerpe is ‘n strategie om steun te behou met sy oorgang na ‘n tweede termyn. Dit is bekragtig in sy laaste week van die eerste termyn en sal ‘n uitwerking op die vervoerbedryf en munisipale grondontwikkeling hê. Dit is die Wysigingswetsontwerp op Nasionale Landvervoer, die Wetsontwerp op Ekonomiese Regulering van Vervoer en die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Fiskale Bevoegdhede en Funksies. Duvenhage beskou hierdie optrede as ‘n weerspieëling van trou aan ou vennote binne hierdie bedrywe.
# Die Outomobiel Assosiasie is bekommerd oor die onduidelikheid oor die verkryging van druktoerusting vir die nuwe slimkaart-rybewyse. Die woordvoerder, Layton Beard, sê burgers moet weet watter prosesse gevolg is en hoeveel dit sal kos. Hy sê die Departement van Vervoer is op koers met die nuwe kaarte en druktoerusting te midde van die aanvanklike uitdagings met die aanstel van gepaste diensverskaffers:
# Olimpiese Spele: Die Spaanse tennislegende Rafael Nadal het bevestig hy gaan nie volgende maand aan Wimbledon deelneem nie sodat hy kan konsentreer op die Spele in Parys. Sy land het vroeër aangekondig hy en Carlos Alcaraz gaan aan die Spele se tenniskompetisie deelneem. Die 38-jarige Nadal, wie se loopbaan gestrem is deur talle beserings, sê hy glo dis beter vir sy lyf om nie van oppervlak te verander na die kleibaan-seisoen nie. Die tenniskompetisie vind ook plaas op Roland Garros, waar hy 14 Franse Ope-titels ingepalm het.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-38-sent teen die dollar, 19-rand-66-sent teen die euro en 23-rand-36-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-877-dollar-92-sent. Die prys van goud is twee-duisend-328-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-62-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….