Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Alan Winde verwelkom sy herverkiesing as die Wes-Kaapse premier
# News24 kondig die sluiting van verskeie ikoniese publikasies aan
# En, rugby: Skotland gee Russell ruskans, maar Van der Merwe en Schoeman is ingesluit
# Alan Winde van die DA verwelkom sy herverkiesing as premier van die Wes-Kaap vir nog ‘n termyn van vyf-jaar. Hy het 26 stemme in die geheime stemming gekry teenoor Muhammad Khalid Sayed van die ANC se 14. Winde het inwoners vir hulle ondersteuning en vertroue bedank en onderneem om ekonomiese groei, werkskepping en energie-sekerheid voorop te stel. Hy versoek ook die samewerking van die opposisie tot voordeel van alle inwoners:
# Die UDM se sekretaris-generaal, Yongama Zigebe, doen ‘n beroep op die sewende Parlement en dministrasie om puttoilette in skole heeltemal uit te wis. Zigebe sê dit is noodsaaklik vir die Parlement en sy portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys om die minister en die Departement van Basiese Onderwys aanspreeklik te hou vir beloftes en ondernemings. Hy sê duisende skole worstel steeds met ‘n gebrek aan behoorlike infrastruktuur en kinders moet leer in omgewings wat ernstige gesondheids- en veiligheidsgevare inhou:
# Media24 gaan in Oktober verskeie ikoniese drukpublikasies, insluitend Rapport, Beeld, City Press en Daily Sun. Volgens Moneyweb is die enigste drukpublikasie wat oorbly Die Burger in Kaapstad. Die besluit volg omdat drukmedia nou slegs ses-persent van die algehele reklame-besteding uitmaak en digitaal ongeveer 40-persent. Finansiële verliese, stygende verspreidingskoste, dalende advertensie-inkomste en ‘n verskuiwing na aanlyn lees het blykbaar tot die besluit gelei.
# ‘n Muskiet-indringerspesie het hom tuisgemaak in 13 lande in die Europese Unie, wat Frankryk, Spanje en Griekeland insluit, en kenners verbind hulle teenwoordigheid met die toename in knokkelkoors. Die Europese Sentrum vir Siektevoorkoming en -beheer sê klimaatsverandering skep gunstige omstandighede vir die verspreiding van die tiermuskiet. Die owerhede moniteer en vang die insekte sover noord as Parys, waar die OIimpiese Spele aan die einde van Julie begin. Muskiete het die afgelope twee dekades ‘n toenemende gevaar in Europa geword.
# Rugby: Finn Russell is een van verskeie senior Skotse toetsspelers wat uit ‘n eksperimentele groep gelaat is vir ‘n toer in die Amerikas. Die Suid-Afrikaans-gebore Duhan van der Merwe en Pierre Schoeman is ingesluit. Afrigter Gregor Townsend het 10 nuwelinge gekies in die groep van 37. Hulle sal volgende maand speel teen Kanada, Amerika, Chili en Uruguay, wat nie onder die voorste rugbylande tel nie. Skotland wil sy diepte ontwikkel na ‘n frustrerende Sesnasiesreeks waar hy vierde geëindig het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-36-sent teen die dollar, 19-rand-84-sent teen die euro en 23-rand-47-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-231-dollar-34-sent. Die prys van goud is twee-duisend-317-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-85-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….