Nuus 14:00
BULLETIN 13 Oktober 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die uitvoerende hoof van die Thabo Mbeki-stigting waarsku teen ‘n voorgestelde Afrikaner-hervestigingsplan
# Rugby: Saracens stel ‘n speler in die Stokes-omstredenheid vry
# En ‘n akteur van Breaking Bad sterf op 34
# Die uitvoerende hoof van die Thabo Mbeki-stigting, Max Boqwana, waarsku voorstelle om ‘n afsonderlike nedersetting vir Afrikaners in Suid-Afrika te vestig, kan konflik aanwakker. Hy het op die African Renaissance-potgooi verwys na ‘n versoekskrif wat die Solidariteit-beweging in Februarie verlede jaar aan die Amerikaanse president, Donald Trump, voorgelê het. Boqwana waarsku afsonderlike gemeenskappe kan verdeeldheid vererger en meen die fokus moet eerder op Suid-Afrika se ekonomiese groei en ontwikkeling wees:
# ‘n Veiligheidsontleder sê die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, se oneerbare ontslag kan sy pensioenvoordele raak en hom ontneem van ‘n maandelikse pensioenuitbetaling. Hy is van sy rang gestroop nadat hy te midde van ‘n tugproses bedank het. Sibiya staan ook tereg op strafregtelike aanklagte van verkragting, mensehandel en seksuele gereedmaking. Willem Els van die Instituut vir Sekerheidstudies sê die straf weerspieël die erns van Sibiya se wangedrag:
# Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, sê Suid-Afrikaanse universiteite moet die samelewing dien, onafhanklike denke aanmoedig en studente toerus vir die toekoms. Hy het tydens ‘n nasionale webinaar gesê befondsing, studenteskuld en bestuur bly die grootste uitdagingings. Manamela vra volhoubare universiteitsbefondsing, wyer toegang tot onderwys en beter voorbereiding vir ‘n wêreld gevorm deur kunsmatige intelligensie. Hy sê dis belangrik om Afrika-kennis te versterk en akademiese vryheid te beskerm. Manamela sê die regering, universiteite, studente en die breër gemeenskap moet saam besluit hoe hoër onderwys verbeter kan word.
# Rugby: Die Engelse klub, Saracens, het die akademiespeler, Totoa Auvaa, met onmiddellike ingang vrygestel ná die naweek se voorval in St Albans. Die klub sê die 21-jarige Samoaanse voorspeler het nie volgens die standaard vir hul spelers opgetree nie. Auvaa was in Junie betrokke by ‘n onderonsie in ʼn nagklub waarby Engeland se krieketspelers, Ben Stokes en Gus Atkinson, ook betrokke was. ʼn Lid van die veiligheidspan is beseer. Stokes en Atkinson is later vrygespreek van gewelddadige gedrag, maar is gewaarsku omdat hulle spanreëls verbreek het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-48-sent teen die dollar, 18-rand-43-sent teen die euro en 21-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-330-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-182-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 106-dollar-95-sent per vat.
# En ten slotte: Die Amerikaanse akteur, RJ Mitte, veral bekend vir sy rol as Walter White Junior in die televisiereeks, Breaking Bad, is op 34-jarige ouderdom dood. Sy verteenwoordigers het dit bevestig, maar geen besonderhede bekendgemaak nie. Mitte het aan serebrale gestemdheid gelei en sy eie ervaring gebruik om die seun van die dwelmbaas Walter White, gespeel deur Bryan Cranston, te vertolk. Hy was ʼn kampvegter vir gestremdes se regte en het probeer om verteenwoordiging vir mense met gestremdhede in die vermaaklikheidsbedryf te bevorder. Mitte het ook in die reeks Switched at Birth en die fliek Triumph verskyn.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….