Nuus 14:00
BULLETIN 12 Oktober 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ekonome verwag nie vanjaar verdere rentekoersverhogings nie
# Die DA loop net-net voor teen die ANC in sleutelmetro’s
# En tennis: Djokovic is terug onder die top-tien nadat hy die Chinese Ope wen
# Ekonome wat aan die Buro vir Marknavorsing en Unisa se Ekonoom van die Jaar-kompetisie deelneem, verwag nie vanjaar verdere rentekoersverhogings nie. Die 43 ekonome se vooruitskattings vir September volg op ‘n rentekoersverhoging wat die prima uitleenkoers tot 10,75-persent laat styg het. Die buro se uitvoerende hoof, Carel van Aardt, sê swakker ekonomiese groei en laer verbruikersbesteding kan help om inflasie in toom te hou. Hy waarsku egter vooruitsigte vir werkskepping het verswak, vanaf een- tot nul-komma-vyf-persent, wat kommer wek oor inklusiewe groei en huishoudelike besteding.
# Die DA loop net-net voor teen die ANC in sekere metro’s voor volgende maand se plaaslike verkiesing. ‘n Nuwe peiling deur eNCA en MarkData toon die twee is feitlik gelykop in Nelson Mandelabaai, met die DA op 37,7-persent en die ANC op 37,4-persent. Die DA het in Ekurhuleni ‘n voorsprong van 31,2-persent teenoor die ANC op 29,4-persent. Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê dit stem grootliks ooreen met die party se eie peilings:
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement moedig kwalifiserende jongmense met ‘n passie om vir ander te sorg aan om aansoek te doen vir 2027 se inname van studente-verpleegkundiges by die Gautengse Verpleegkollege. Suksesvolle studente sal vir ‘n Diploma in Verpleegkunde sturdeer aan vier kampusse. Woordvoerder Steve Mabona sê aansoekers moet Suid-Afrikaanse burgers wees wat in Gauteng woon en hul matriek in die provinsie voltooi het. Hy sê aansoeke sluit op 30 Oktober:
Nuus uit die buiteland:
# Meer as 100 buitelandse rugsakreisigers is gestrand in sentraal-Nepal nadat ‘n grondverskuiwing toegang tot ‘n rivier afgesny het, wat oorstromings op staproetes en brûe veroorsaak het. Die oorstromings het gister die Gorkha-gebied sowat 100-kilometer wes van Katmandoe getref. Reuters berig reddingswerkers het reeds 96 mense gered, insluitend nege buitelanders, terwyl reddingspogings voortduur. Daar is nog geen bevestigde berigte van sterftes nie, maar vyf inwoners word vermis. Drie hidro-elektriese kragprojekte is ook beskadig.
# Tennis: Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, is terug onder die wêreld-top-10 nadat hy die Chinese Ope gewen het. Die Serwiër het verlede maand uitgeval, maar keer terug nadat hy die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev van Duitsland, geklop het onderweg na die titel in Beijing. Die Australiër Alex de Minaur, wat in die eindstryd verloor het, is nou negende. Die Italianer Jannik Sinner bly nommer een, die Spanjaard Carlos Alcaraz is derde, gevolg deur die Amerikaner Ben Shelton, die Kanadees Felix Auger-Aliassime, die Rus Daniil Medvedev en Flavio Cobolli van Italië.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-53-sent teen die dollar, 18-rand-49-sent teen die euro en 21-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-426-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-178-dollar-34-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 108-dollar-12-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….