Nuus 14:00
BULLETIN 27 Mei 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF veroordeel Ramaphosa se gebruik van die openbare uitsaaier vir ANC-veldtogte
# Die UDM is ontsteld oor die beweerde knoeiery met spesiale stemme
# En, rugby: Sewe nuwelinge is in Engeland se oefengroep ingesluit
# Die EFF vra ‘n ondersoek na president Cyril Ramaphosa se gebruik van die openbare uitsaaier om die ANC se prestasies te bevorder tydens ‘n ongeskeduleerde toespraak gisteraand. Die party veroordeel dit as die misbruik van presidensiële magte en staatshulpbronne vir party-doeleindes, en noem dit ‘n teken van die ANC se desperaatheid. Die party beskuldig Ramaphosa van die ondermyning van billike mededinging en demokratiese beginsels. Die EFF het kiesers versoek om hierdie magsmisbruik te herken en vir ‘n party te stem wat daartoe verbind is om te regeer tot voordeel van alle burgers.
Intussen veroordeel die UDM bewerings van stemknoeiery met spesiale stemme in KwaZulu-Natal. Videos wys stemmateriaal wat na bewering swak hanteer word. UDM-leier Bantu Holomisa vra deursigtigheid met spesiale stemme en stembriewe wat uitgereik word. Hy eis die afsondelike tel van spesiale stemme om knoeiery te voorkom en verkiesingregverdigheid te verseker. Holomisa sê dis noodsaaklik om die demokrasie te beveilig en vertroue in die verkiesingsproses te handhaaf.
# Suid-Afrika het die tweede laboratoriumbevestigde geval van a-pokke aangeteken. Die aansteeklike siekte word deur die a-pokvirus veroorsaak en kan lei tot ‘n pynlike of jeukerige uitslag met puisies of blasies. Die woordvoerder van die Gesondheidsdepartement, Foster Mohale, sê die nuwe pasiënt is ‘n 39-jarige man wat in die Addington-hospitaal in Durban, KwaZulu-Natal, opgeneem is. Hy sê hy het nie gereis na lande en streke wat tans ‘n uitbreking van die siekte beleef nie:
# ‘n Onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê die groterwordende getal leerders wat met wapens op skoolterreine aangetref word is ‘n bewys die samelewing sit op ‘n tikkende tydbom. Dit volg nadat drie leerders by ‘n skool in Petit, Ekurhuleni, aan die Gautengse Oos-Rand in hegtenis geneem is vir die beweerde besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Makanete sê nie lank gelede nie is daar op ‘n skoolhoof en ‘n onderhoof geskiet by skole in die metro:
# Rugby: Engeland se afrigter, Steve Borthwick, het ‘n aanvanklike oefengroep van 19 spelers gekies, insluitend sewe nuwelinge, voor hulle toer van drie toetse in Japan en Nieu-Seeland. Die nuwe spelers sluit in Fin Baxter van Harlequins, en Greg Fisilau en Rusi Tuima van Exeter. Borthwick se span is sonder spelers van die Premierskap semi-finaliste, Northampton, Bath, Sale en Saracens, wat sal bykom wanneer die klubs in die uitspeelrondes uitval. Engeland kom op die 22ste van volgende maand teen Japan te staan en op 6 en 13 Julie teen Nieu-Seeland.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-37-sent teen die dollar, 19-rand-94-sent teen die euro en 23-rand-42-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-529-dollar-36-sent. Die prys van goud is twee-duisend-344-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-52-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….