Nuus 14:00
BULLETIN 20 Mei 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Konstitusionele Hof beslis Zuma kan nie in aanmerking kom vir die Parlement nie
# Beleggersvertroue styg in Suid-Afrika voor die verkiesing
# En, tennis: Twee skuiwe onder die top tien mans op die jongste wêreldranglys
# Die Konstitusionele Hof het beslis voormalige president en leier van die MK-party, Jacob Zuma, mag nie terugkeer na die Parlement nie. Die hof het Zuma vroeër skuldig bevind aan minagting omdat hy ‘n vorige hofbevel verontagsaam het. Regter Leona Theron sê in die uitspraak al is daar in ag geneem Zuma se vonnis is verminder, hou die hof vol die oorspronklike vonnis het 12-maande oorskry, wat hom diskwalifiseer van parlementêre geskiktheid ingevolge die Grondwet:
Intussen toon finansiële ontleders se insigte ‘n oplewing in beleggersvertroue voor die verkiesing. Positiewe verwagtinge van die ANC se potensiële oorwinning dryf skynbaar ‘n kontantinvloei, wat effekte en aandele ‘n hupstoot gee. Volgens Bloomberg het Suid-Afrikaanse effekte in April die meeste kontant verkry en die neiging duur hierdie maand voort. Die uitvoerende hoof van Stanlib, Derrick Msibi, sê egter beleggers is versigtig weens vorige teleurstellings en dit vereis sterk bewyse van ‘n positiewe verandering. Daar is hoop vir volgehoue groei en bestendigheid, afhangend van politieke en ekonomiese hervormings ná die verkiesing.
# ‘n Dertienjarige seun is in Heidelberg, Gauteng, dood nadat hy na bewering oornag in ‘n koelkamer in Shoprite toegesluit is omdat hy sjokolade gesteel het. Die voorval het woede ontlok, met die gemeenskap van Ratanda wat dreig om die winkel af te brand. News24 berig ‘n raadslid van Heidelberg, Mari Boshoff, erken die gemeenskap se woede, terwyl die polisie op die toneel die kind se dood bevestig het. Die owerhede probeer om die toestand buite die supermark te beheer.
# Die munisipale en verwante werkersvakbond, Demawusa, sê hy beplan regsoptrede teen Pikitup in Johannesburg. Tydelike werkers betoog sedert verlede week en sê hulle word oorgesien vir permanente poste, al is hulle byna ‘n dekade lank by die instelling gekontrakteer. Die vakbondwoordvoerder, Meshack Ntshauba, sê Pikitup moet vir korrupsie ondersoek word:
# Tennis: Daar is twee veranderings onder die top tien mans op die jongste wêreldranglys. Alexander Zverev van Duitsland het die Rus Daniil Medvedev verbygesteek na die vierde plek nadat hy gister die Italiaanse Ope gewen het. Hubert Hurkacz van Pole vervang Stefanos Tsitsipas van Griekeland in die agtste plek. Novak Djokovic is steeds eerste, gevolg deur Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz. Nog ‘n Rus, Andrey Rublev, is sesde, Casper Ruud van Noorweë sewende en Grigor Dimitrov van Bulgarye tiende.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-19-sent teen die dollar, 19-rand-77-sent teen die euro en 23-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-16-dollar-65-sent. Die prys van goud is twee-duisend-442-dollar-60-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-78-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….