Nuus 14:00
BULLETIN 27 Februarie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Geordin Hill-Lewis vra die DA om die vertroue van nuwe kiesers te wen om die party te laat groei
# Discovery Bank toon ‘n wins in sy halfjaar-handelsoorsig
# En krieket: Southee het gemengde gevoelens oor Engeland se T20-Wêreldbekerwedstryd teen Nieu-Seeland
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die DA gevra om die gaping te oorbrug tussen die party en miljoene Suid-Afrikaners wat nog nooit vir hom gestem het nie. Hy het aangekondig hy is verkiesbaar tot party-leier en sê baie mense erken die DA regeer goed, maar voel afgesonder. Hill-Lewis erken die party kan afsydig en oormatig krities voorkom. Hy wil vertroue herbou deur te luister en gemeenskappe te betrek:
Hill-Lewis het intussen ‘n beloning van tot 100-duisend-rand aangekondig vir inligting wat lei tot die inhegtenisneming en vervolging van diegene wat verantwoordelik is vir voortdurende taxi-verwante geweld in Atlantis, Kaapstad. Dit volg na die dood van ‘n 14-jarige leerder en ‘n taxibestuurder buite die Atlantis Secondary School. Die stad se Veiligheids- en Sekerheids-ondersoekeenheid is ontplooi om die ondersoek te ondersteun, terwyl wysigings aan die verkeersverordening gefinaliseer word om onwettige taxi-bedrywighede aan te pak.
# Discovery Bank het in die ses maande tot Desember ‘n wins van tussen 210-miljoen en 230-miljoen-rand aangeteken, vergeleke met ‘n verlies van 145-miljoen-rand in die vorige tydperk. Die groep se aandeleprys het gestyg tot ‘n hoogtepunt van 52-weke danksy beleggers se positiewe reaksie. Die groep sê sy Vitality-gedeelde waarde-model het ‘n beduidende uitwerking op sy plaaslike en internasionale ondernemings getoon. Die bank se prestasie was beter as verwag en hy het teen die einde van die verslagtydperk ‘n gemiddeld van een-duisend-500 kliënte per dag bygekry.
Nuus uit die buiteland:
# Die Britse eerste minister, Keir Starmer, se Arbeidersparty het ‘n terugslag gely toe Hannah Spencer van die Groen-party die tussenverkiesing in Gorton en Denton gewen het, met die Arbeiders derde na Reform UK. Starmer is voorheen gevra om te bedank oor Peter Mandelson se aanstelling as ambassadeur in Washington ondanks sy bande met die seksoortreder Jeffrey Epstein. Onderleier Lucy Powell het aan Sky News gesê Starmer gaan nêrens heen nie:
# Krieket: Engeland se boulraadgewer, Tim Southee, het gemengde gevoelens oor vandag se T20-Wêreldbeker-Super-agt-wedstryd teen sy geboorteland, Nieu-Seeland, en sê dit sal vreemd wees om in die ander kleedkamer te wees. Die 37-jarige voormalige bouler het van 2008 tot 2024 vir sy land gespeel. Southee sê dis ‘n groot geleentheid om met Engeland te werk wat reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer het, terwyl die Swartpette moet wen om deur te gaan:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-91-sent teen die dollar, 18-rand-78-sent teen die euro en 21-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-749-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-175-dollar-85-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 71-dollar-77-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….