Nuus 14:00
BULLETIN 28 Januarie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF vra die vroeëre instel van OKOSA se data-oordragregulasies
# Die Departement van Water en Sanitasie hou die Senteeko-dam in Mpumalanga se wal dop
# En branderry: Die Departement van Sport sê geen versoek is ingedien vir die Wêreld-geleentheid in Jeffreysbaai nie
# Die EFF sê hy gaan druk uitoefen om die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika se verbeterde oordragregulasies vinniger in te stel. Dit sal op 23 Januarie volgende jaar in werking tree. Die regulasies vereis netwerke moet minstens een oordrag van ongebruikte pakkette toelaat. ‘n EFF-parlementslid, Sinawo Tambo, sê om 12-maande te wag is onnodig en voer aan operateurs het nie langer as drie maande nodig nie. Hy voeg by die Parlement sal OKOSA dagvaar om die vertraging te verduidelik.
# Die Departement van Water en Sanitasie sê waarneming en monitering van die Senteeko-dam in Mpumalanga gaan voort en druk op die damwal het effens afgeneem. Dit volg nadat ‘n nood-uitloop verlede week gemaak is om water vry te stel. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê hulle probeer die dam onder meer beveilig deur die nood-uitloop en sandsakke om te keer dat die wal breek, maar dis te gou om dit veilig te verklaar:
# Die Presidensie sê die regering en sakewêreld het ooreengekom dat die sentrale raamwerk vir fase drie van die Regering-sake-vennootskap geanker sal wees in inklusiewe groei, werkgeleenthede en vertroue. President Cyril Ramaphosa het gister met ministers en senior sakeleiers vergader. Die vergadering het die vordering hersien wat tydens fase twee gemaak is. Belangrike vordering is gemaak om die energie- en logistieke stelsels te bestendig. Die Presidensie sê daar was eenstemmigheid dat misdaad en korrupsie steeds die grootste ondermyners is van vertroue, belegging en ekonomiese groei.
# Die Afrika-kredietgraderingsagentskap is in Johannesburg bekendgestel as die eerste van sy soort op die vasteland, met die doel om die beoordeling van Afrika se kredietwaardigheid te hervorm. Die projek sal reguleerders en beleggers gebruik om deursigtigheid en samewerking te verbeter. Kenners waarsku slegs 33 Afrikalande het soewereine graderings, met ‘n beleggingsgraad van minder as ses, ondanks regerings wat meer as ses-duisend-miljard-rand in rente betaal. Leiers sê die agentskap sal help om regverdiger graderings, laer leenkoste en sterker finansiële bestendigheid te lewer.
# Branderry: Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur ontken die openbare mening dat minister Gayton McKenzie finansiële ondersteuning onttrek het aan die Wêreld-branderry-liga se kampioenskap wat in Jeffreysbaai sou plaasvind. Die organiseerders sê vanjaar se byeenkoms kan weens ʼn gebrek aan fondse nie aangebied word nie. Woordvoerder Zimasa Velaphi sê geen amptelike versoek is aan die nasionale regering voorgelê vir fondse, waarborge of verwante dienste nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-90-sent teen die dollar, 19-rand-5-sent teen die euro en 21-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-356-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-280-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-26-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….