Nuus 14:00
BULLETIN 24 Oktober 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Getuie C vertel van ‘n klopjag op Matlala se herehuis gedurende die soektog na die ontvoerde Jerry Boshoga
# Bheki Cele skryf die polisie se onbestendigheid toe aan die kort verblyf van nasionale kommissarisse
# En ‘n Durbanse fotograaf sorg vir opwinding in ‘n wêreld-wedvaartkompetisie
# ‘n Lid van die taakspan vir politieke moorde, Getuie C, het aan die Madlanga-kommissie gesê die sakeman Jerry Boshoga word steeds vermis nadat hy verlede jaar ontvoer is. C, wat met ‘n gesigsbedekking getuienis aflê vanuit ‘n geheime plek, sê die polisie het ‘n klopjag uitgevoer op die herehuis van die vedagte tenderpreneur Vusimuzi “Cat” Matlala in Pretoria. Hy sê hulle het afgekom op onwettige vuurwapens wat onveilig geberg is met moontlike vervalste permitte, en ook items wat aan losprysvideo’s verbind is:
# Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, sê die SAPD is nie bestendig nie omdat nasionale kommissarisse selde hul termyne voltooi. Hy het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê gedurige leierskapsveranderinge ontwrig die ontwikkeling en inwerkingstelling van die polisie se organogram. Cele het opgemerk dat elke kommissaris halfgebakte werk agterlaat, wat bestendigheid verhoed. Hy sê ook die geskorste minister, Senzo Mchunu, se afhanklikheid van ‘n onvoltooide organogram vir ses maande in 2019 was te kort vir gesonde besluitneming:
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Viëtnam is daartoe verbind om handelstruikelblokke te verminder en beleggingsbeskermingsraamwerke te versterk. Ramaphosa het die Viëtnam-SA Sakeforum in Hanoi toegespreek. Hy sê handel tussen Suid-Afrika en Viëtnam gaan nie net oor goedere en dienste nie, maar ook oor vertroue, vernuwing en gedeelde waardes. Die president sê hierdie forum gaan oor die vorming van ‘n gedeelde visie van samewerking tussen die twee lande:
# Rugby: Die eerste deel van die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen word hierdie naweek afgesluit. Uit ‘n Suid-Afikaanse oogpunt speel die Bulle vanaand in Skotland teen Glasgow Warriors terwyl die Leeus Ulster môre in Johannesburg pak. Die Haaie verwelkom Scarlets in Durban en die voorloper op die punteleer, die Stormers, speel in Italië teen Benetton. Die Bulle is tans sesde op die punteleer, die Leeus 11de en die Haaie 14de. Die VRK kry na hierdie naweek ‘n blaaskans vir volgende maand se toetse en hervat die laaste naweek van November.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-35-sent teen die dollar, 20-rand-14-sent teen die euro en 23-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-122-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-60-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 65-dollar-26-sent per vat.
# En ten slotte: Die Durbanse fotograaf Chris Clark het wêreldwye aandag getrek na sy foto van twee seilbote wat reusegolwe trotseer, as een van die top 120 finaliste in die gesogte Pantaenius-Seiljagwedvaart fotokompetisie gekies is. Clark, ‘n inwoner van Hillcrest en lid van die Hillcrest-kameraklub, het die foto tydens die Marriott Mirror Worlds-regatta in April geneem. Hy was voorheen ‘n mededingende seiljagvaarder, maar sy passie is nou fotografie. Die publiek kan tot 14 November vir hulle gunsteling-foto stem, met die beste inskrywings wat volgende maand in Amsterdam, Nederland, ten toon gestel sal word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….