Nuus 14:00
BULLETIN 2 Mei 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Sasol se finansiële hoof bedank
# Solidariteit waarsku oor groot werksverliese in die eiendomsbedryf weens ras-regulasies
# En, rugby: Die Blitsbokke se afrigter mik na ‘n top-vier uitslag in Singapoer
# Sasol se finansiële bestuurshoof, Hanré Rossouw, het na minder as twee jaar in die pos bedank. Hy vertrek einde Oktober te midde van ‘n uitvoerende hoof-verandering en uitdagings in die chemiese mark. Rossouw se bedanking, wat as ‘n groot verrassing bestempel word, laat Sasol in ‘n oorgangstydperk. Die maatskappy sê hy waardeer Rossouw se bydrae en leierskap in dié uitdagende tyd. Hy sal ‘n gestruktureerde oordrag bemiddel voor hy vertrek. Sasol het reeds met die opvolgingsproses begin.
# Solidariteit waarsku oor moontlike werksverliese in die eiendomsbedryf weens nuwe ras-regulasies. Volgens die vakbond vereis die regulasies ‘n vlak 8-telling vir swart ekonomiese bemagtiging en meer as 50-persent swart eienaarskap, wat teen wit eiendomsagente kan diskrimineer. Solidariteit gaan die regulasies teenstaan om sy lede se werk te beskerm en sê kommer bestaan oor die uitwerking op indiensneming en die verlies aan ervaring en kennis in die bedryf. Johan Roos van Solidariteit sê sowat 30-duisend eiendomsagente kan geraak word:
# Groep Sewe-nasies het ooreengekom om hulle afhanklikheid van burgerlike kern-verwante produkte van Rusland te verminder. Die groot nywerheidslande pas tans hulle energieplanne aan terwyl hulle Moskou isoleer. Die groep het die ooreenkoms bereik terwyl hulle volgens die organisasie se roterende presidentskap in Italië vergader. Dis ʼn deurslaggewende oomblik vir nasies wat ʼn volhoubare pad vorentoe vir hulle energiebehoeftes, weg van gas, wil bewerkstellig. Dit volg nadat Rusland se inval in Oekraïne ʼn jare lange vraag-en-aanbod-balans ontwrig het.
# Rugby: Die Springbok Sewes se hoofafrigter, Philip Snyman, sê hy is optimisties oor ‘n top-vier-uitslag in die Singapoerse sewestoernooi dié naweek. Die Blitsbokke pak Spanje, Samoa en Frankryk in hul groep. Snyman sê om ervare Blitsbokke soos Siviwe Soyizwapi, Dylan Sage en Rosko Specman terug te hê, is ‘n groot hupstoot vir die span:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-63-sent teen die dollar, 19-rand-93-sent teen die euro en 23-rand-52-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-457-dollar-90-sent. Die prys van goud is twee-duisend-297-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-12-sent per vat.
# En, ‘n hoogleraar van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie, professor Alvaro Viljoen, het ‘n groot mylpaal behaal met die publikasie van sy 300ste portuur-geëvalueerde akademiese referaat. Die publikasie verken die veld van medisinale rook, en fokus veral op wilde dagga. TUT sê Viljoen se publikasierekord, tesame met ander prestasies, bevestig sy status as die mees-aangehaalde navorser in die instelling se geskiedenis. Die toekenning onderstreep nie net sy wetenskaplike intelligensie nie, maar beklemtoon ook sy betrokkenheid by die universiteit se akademiese en navorsings-agenda.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….