Nuus 14:00
BULLETIN 7 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Gesondheid en Welstand bevestig toesig oor Joslin Smith se sibbe
# BOSA bevestig hy gaan deelneem aan die verkiesing
# En, rugby: Brok Harris lei die Stormers in ‘n vriendskaplike wedstryd in Engeland
# Die Wes-Kaapse LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomafrench Mbombo, het bevestig Joslin Smith se minderjarige sibbe is veilig by familie. Dit volg nadat Joslin se ma, Kelly, en haar kêrel, Jacquin “Boeta” Appollis, saam met twee ander vir haar verdwyning aangehou word. Mbombo sê die beskuldigdes het in die Landdroshof in Vredenburg verskyn op aanklagte van mensehandel en ontvoering:
# Build One South Africa sê hy het ‘n plek op alle stembriewe verseker vir die verkiesing op 29 Mei, met meer as 140-duisend handtekeninge ter ondersteuning. Daar is 120 kandidate landwyd gekies en die party beoog om nuwe gesigte aan die Parlement en provinsiale wetgewers bekend te stel. BOSA spog met meer as ‘n duisend vrywilligers wat daagliks veldtogte voer. Die leier, Mmusi Maimane, het voor die Onafhanklike Verkiesingskommissie se kantore in Tshwane aan die media gesê premierskandidate sal binnekort aangekondig word:
# Die Azanian People’s Organisation sê as Suid-Afrika misdaad ‘n ernstige knou wil toedien, behoort alle vuurwapens uit die samelewing verwyder te word. Dit beteken net die land se sekerheidsmagte sal toegelaat word om vuurwapens te dra. Meer as 20-duisend mense word elke jaar vermoor, met net tien-persent van die moorde wat opgelos word. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê daar is oorweldigende bewyse dat geweld verband hou met die gemak waarmee gewone mense toegang het tot dodelike wapens:
# Rugby: Die deurwinterde stut Brok Harris lei Saterdag die Stormers in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Northampton Saints in Engeland. Die Stormers kom die eerste keer te staan teen die voorlopers op die Premierskaps-punteleer. Die wedstryd skop half-vyf die middag, Suid-Afrikaanse tyd, af. Daar is meer as sewe voorspelers op die uitgebreide plaasvervangersbank, met gereelde vervangings wat sal sorg al 26 spelers kry speelkans. Dan du Plessis en Wandisile Simelane vorm ‘n opwindende senterpaar in die opdrafspan. Jurie Matthee en Stefan Ungerer is die skakelpaar in die beginspan.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76-sent teen die dollar, 20-rand-46-sent teen die euro en 23-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-797-dollar-51-sent. Die prys van goud is twee-duisend-157-dollar-65-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-28-sent per vat.
# En, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het bevind skooldragbeleide in sekere skole maak inbreuk op leerders se waardigheid, en raak veral dié wat geslagsneutraal is. Die verslae dui op oorregulering van voorkoms en diskriminerende praktyke. Die kommissie pleit vir geslagsneutrale uniformbeleid en is gekant teen die regulasies oor haarlengte en -kleur. Verdere aanbevelings sluit in die ouditering van skoolkodes, die assessering van uniformkoste en die wysiging van riglyne om by die kommissie se bevindings te pas. Die Departement van Basiese Onderwys is ses-maande gegun om aandag te gee aan hierdie bekommernisse.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….