Nuus 14:00
BULLETIN 26 Augustus 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Sibiya vra ‘n volbank regters moet sy aansoek aanhoor om terug te keer werk toe
# RISE Mzansi, GOOD en BOSA is in samesprekings om saam te smelt voor die 2026 verkiesing
# En krieket: Indië se beheerliggaam moet ‘n nuwe borg kry nadat die regering aanlyn dobbelary onwettig verklaar
# Die adjunk-nasionale polisiekommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, versoek dat ‘n volbank regters sy aansoek moet aanhoor om terug te keer werk toe. Hy is op spesiale verlof geplaas na die opspraakwekkende bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, van korrupsie in die strafregstelsel. Die Madlanga-kommissie het vanoggend aangekondig sy verhore is uitgestel weens verkrygings-vertragings. Sibiya dring aan dat hy niks verkeerd gedoen het nie:
Die EFF is intussen nie verbaas oor die aankondiging dat die begin van die Madlanga-kommissie se verhore uitgestel is nie. Dis gedoen omdat die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling nie die nodige infrastruktuur kon bekom nie. EFF-woordvoerder Sinawo Thambo sê die uitstel is deel van ‘n doelbewuste poging om aanspreeklikheid te onderdruk:
# RISE Mzansi, die GOOD-party en Build One South Africa is gewikkel in samesprekings om saam te smelt voor volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing. BOSA se woordvoerder, Roger Solomon, sê die samespsrekings duur al vir ‘n geruime tyd voort. Ander partye word ook betrek om die idee se basis te vergroot. Die koalisie sal voorkeur gee aan dienslewering met die klem op water, krag, paaie, sanitasie en vullisverwydering.
# AfriForum vra deursigtigheid ná bewerings van geheime samesprekings by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad oor wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer. Die organisasie sê besprekings oor vuurwapens, insluitend eienaarskapsperke en strenger lisensiëring, vorm nie deel van NEDLAC se mandaat nie en moet bedryfsgroepe, sportskutte en privaat sekerheidsmaatskappye insluit. Jacques Broodryk van AfriForum waarsku die uitsluiting van belanghebbendes ondermyn openbare vertroue en beloof hy sal enige pogings teenstaan om wetsgehoorsame burgers te ontwapen:
# Krieket: Indië se beheerliggaam moet ‘n nuwe hoofborg kry nadat die sport-dobbelplatform Dream-Eleven sy kontrak van 766-miljoen-rand gekanselleer het weens ‘n regeringsverbod op aanlyn dobbelary. Indië se grootste aanlyn dobbelplatform het in Julie 2023 ‘n driejaarkontrak onderteken om hoofborg te word van die nasionale mans- en vrouespan, en borg ook verskeie spanne in die Indiese Premierliga. Die regering se aanvaarding van die wetsontwerp maak die aanbieding en finansiering van aanlyn dobbelary ontwettig, strafbaar met tronkstraf van tot vyf jaar.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-63-sent teen die dollar, 20-rand-53-sent teen die euro en 23-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 110-duisend-427-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-371-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-21-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….