Nuus 14:00
BULLETIN 12 Augustus 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Werkloosheid styg van tot 33.2-persent in die tweede kwartaal
# Minister Tau sê die regering sal toegewese infrastruktuur vir markuitbreiding ontplooi
# En AfriForum eis deursigtigheid oor die koste van Gauteng se nuwe nommerplate
# Statistieke SA het aangekondig dat 140-duisend mense in die tweede kwartaal hul werk verloor het. Volgens die Arbeidsmagopname was daar ook ‘n toename van 19-duisend in die aantal mense wat werk. As gevolg van die veranderings in indiensneming en werkloosheid het die amptelike werkloosheidsyfer met 0,3 van ‘n persentasiepunt tot 33,2-persent gestyg. Werksgeleenthede is verloor in Gemeenskaps- en Maatskaplike Dienste, Landbou, Finansies, Vervoer, Nutsdienste en Vervaardiging. Indiensneming in Gauteng en die Oos-Kaap het toegeneem, terwyl afnames in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap waargeneem is.
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die regering sal toegewese infrastruktuur ontplooi vir markuitbreiding. Dit sluit in handels- en landbou-attachés, verhoogde sertifiseringsvermoë van uitvoere en ‘n gesamentlike poging om biosekerheidstandaarde te belyn met die vereistes van hierdie nuwe markte. Tau het op ‘n nuuskonferensie oor Amerikaanse tariewe gesê ‘n hoëvlak-onderhandelingspan is geïdentifiseer en gereed om Amerika te betrek by ‘n ooreenkoms wat wedersyds voordelig sal wees:
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, waarsku intussen dit sal nadelig wees vir albei lande as Suid-Afrikaanse toegang tot Amerikaanse markte beperk moet word. Hy sê die tariewe is nie net van toepassing op Suid-Afrika nie, maar het ‘n uitwerking op meer as 130 handelsvennote met wie Amerikaanse verbruikers te doen kry:
# AfriForum het ‘n interne appèl by die Gautengse Departement van Vervoer ingedien nadat sy aansoek om inligting oor die provinsie se voorgestelde nuwe nommerplate geïgnoreer is. Die nuwe hoë-tegnologie-nommerplate is toegerus met teen-bedrog- en peutermaatreëls. Louis Boshoff van AfriForum sê premier Panyaza Lesufi wil sowat sewe miljoen nuwe nommerplate laat vervaardig, maar het nie bekend gemaak hoeveel dit sal kos nie:
# Rugby: Nieu-Seeland se losvoorspeler, Wallace Sititi, is nie beskikbaar vir Sondag se eerste Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Argentinië in Cordoba nie. Hy herstel nog van ‘n enkelbesering wat veroorsaak het dat hy verlede maand se reeks teen Frankryk misgeloop het. Die moontlikheid bestaan nou dat Peter Lakai opgeroep kan word of dat Simon Parker sy buiging kan maak. Die All Blacks het drie van hul laaste tien wedstryde teen die Pumas verloor, onder meer verlede jaar se Rugbykampioenskaps-kragmeting in Wellington.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-55-sent teen die euro en 23-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-582-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-349-dollar-98-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….