Nuus 14:00
BULLETIN 31 Julie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Regter Madlanga kritiseer die Appèlhof oor sy regsmislukking in die “Please Call Me”-saak
# ActionSA verwys minister Macpherson na die Parlemlent se Etiek-komitee oor rassistiese opmerkings
# En rugby: Twee veranderings aan die Leeus se opdrafspan vir die laaste toets teen die Wallabies
# Die uittredende waarnemende adjunkhoofregter, Mbuyiseli Madlanga, het beslis dat die Appèlhof ‘n fundamentele regsmislukking begaan het in sy hantering van die “Please Call Me”-saak tussen die uitvinder, Nkosana Makate, en Vodacom. Madlanga het in sy finale uitspraak voor sy uittrede gesê die Appèlhof het versuim om noodsaaklike feite te beoordeel, bewyse geïgnoreer en onvoldoende betoë aangebied. Hy het beslis hierdie gebreke het die reg op ‘n billike verhoor geskend:
# ActionSA sê hy het die voorsitter van die Parlement se gesamentlike komitee oor Etiek en Ledebelange, Lusizo Makhubela, gevra vir ‘n ondersoek na ernstig-aanstootlike en rassebelaaide opmerkings deur die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson. Alan Beesley van ActionSA sê die minister het by twee afsonderlike geleenthede na ActionSA se lede buite die hof in Pietermaritzburg verwys as boemelaars en amaphara, ‘n term wat gewoonlik verwys na jong diewe en verwaarloosde jong mans:
# Die polisie vra dat mense sosiale media verantwoordelik gebruik wanneer hulle berig oor die ontvoeringsaak van die sakeman, Jerry Boshoga. Die 46-jarige Boshoga is in November laas gesien nadat hy ʼn vergadering in Rooihuiskraal, Centurion, bygewoon het. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die afgelope 24-uur word misleidende en vals berigte op sosiale media gedeel dat Boshoga se liggaam gevind is. Sy sê die ondersoek is steeds in ʼn baie sensitiewe stadium en Boshoga is nie lewend of dood gevind nie:
Nuus uit die buiteland:
# Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, sê die wêreld moet aandring op ‘n regime-verandering in Rusland want president Vladimir Putin sal andersins net voortgaan om sy buurstate onbestendig te maak. Zelensky het gepraat op ‘n konferensie wat die 50ste herdenking van die ondertekening van die Finale Akte van Helsinki vier. Hy sê Rusland se krygsmasjien moet ten volle versper word. Zelensky sê dis tyd dat Russiese bates nie net gevries moet word nie, maar in beslag geneem en aangewend word om vrede te bevorder en nie oorlog nie.
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus se afrigter, Andy Farrell, het twee veranderings aangebring aan sy opdrafspan vir Saterdag se derde en laaste toets teen Australië in Sydney. Blair Kinghorn vervang James Lowe op linkervleuel, terwyl James Ryan instaan vir Ollie Chessum, wat op die bank is, met ‘n verdeling van ses voorspelers en twee agterspelers. Die Leeus het verlede week die reeks beklink met ʼn naelskraapse sege van 29-26 in Melbourne, maar Farrell se span is vasbeslote om skoonskip te maak met ʼn reeksoorwinning van 3-0.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-12-sent teen die dollar, 20-rand-72-sent teen die euro en 23-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-552-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-305-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 71-dollar-71-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….