Nuus 14:00
BULLETIN 22 Julie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement beklemtoon haar afdanking skeld Nkabane nie vry van rekenskap nie
# Die DA veroordeel die polisie omdat sy honde-eenhede opsy geskuif is terwyl misdaad op die Kaapse Vlakte vererger
# En tennis: Die 45-jarige Venus Williams wen haar eerste wedstryd na ‘n afwesigheid van 16-maande
# ‘n Lid van die Parlement se portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys, Karabo Khakhau, sê die gewese minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, moet steeds aan die komitee verantwoording doen. Khahkau het tydens ‘n debat die regsmening bevraagteken dat Nkabane gevrywaar is van optrede teen haar. Sy hou vol die Parlement het steeds die mag om Nkabane as ‘n private burger te dagvaar. Khakhau meen dis die komitee se plig om aanspreeklikheid te handhaaf en sê Nkabane se afdanking maak nie die korrupsie-aantygings teen haar of vorige misstappe in haar kantoor ongedaan nie:
# Die DA kritiseer die polisie dat hy sy honde-eenheid eenkant toe geskuif het terwyl bende- en dwelmgeweld op die Kaapse Vlakte vererger. Nicholas Gotsell van die DA het onthul daar is slegs een aktiewe dwelmsnuffelhond in Kaapstad, met ses medies-gekeurde honde wat op opleiding wag, maar met geen opleidingskursusse wat beplan word nie. Hy sê die party dring aan op dringende optrede deur die provinsiale polisiekomissaris, Thembisile Patekile, om honde te ontplooi en voorkeur te gee aan hulle misdaadbekampingsvermoëns:
# Die Nasionale Energiereguleerder het die benoemingstydperk vir die elektrisiteitsmark-raadgewende forum tot die 31ste van hierdie maand uitgestel. Woordvoerder Poppie Mahlangu sê die reguleerder het in April die vestiging van ‘n afdeling vyf-forum ingevolge die Wet op Elektrisiteitsregulering goedgekeur. Mahlangu sê die forum sal die reguleerder raadgee oor verskeie aangeleenthede wat betrekking het op die vestiging van ‘n mededingende elektrisiteitsmark:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, het die publikasie van die konsep-regulasies vir die Nasionale Kweekhuisgas-koolstofbegroting en -versagtingsplan vir openbare kommentaar goedgekeur. Die konsepregulasies bemagtig die minister om ‘n lys op te stel van kweekhuisgasse en bedrywighede wat tot klimaatsverandering bydra. Dit ondersteun ook Suid-Afrika se landswye bydraes tot die beperking van kweekhuisgasvrystellings tot tussen 350- en 420-miljoen ton koolstofdioksied-ekwivalent teen 2030. Minister George sê dit is ‘n kritieke stap tot ‘n volhoubare, lae-koolstof-toekoms.
# Tennis: Die gewese wêreld-nommer-een, die 45-jarige Venus Williams, het ná 16-maande na mededingende tennis teruggekeer met ‘n dubbelspel-oorwinning. Sy en haar Amerikaanse landgenoot, Hailey Baptiste, het Eugenie Bouchard van Kanada en Clervie Ngounoue, ook van Amerika, in skoon stelle geklop in die ronde van 16 op die Washingtonse Ope. Williams gaan ook na die enkelspel-formaat terugkeer nadat sy as promotorskeuse tot die toernooi toegelaat is. Sy speel in die ronde van 32 teen nóg ‘n landgenoot, Peyton Stearns.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-59-sent teen die dollar, 20-rand-59-sent teen die euro en 23-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-491-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-388-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-2-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….