Nuus 14:00
BULLETIN 21 Julie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Steenhuisen vra hervorming van die benadaring tot bek-en-klouseer
# Business Leadership SA is teleurgesteld oor die krediet-afgradering van Transnet
# En die Gautengse regering sê die Mandelahuis-museum in Soweto sal nie gelikwideer word nie
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, vra dringende hervorming van die benadering tot bek-en-klouseer en waarsku verouderde stelsels en swak koördinering het veroorsaak dat die vee-sektor kwesbaar is. Steenhuisen het in sy hooftoespraak op die bek-en-klouseer-indaba in Roodeplaat, Pretoria, gesê die onlangse uitbreking het kritieke mislukkings blootgestel, insluitend entstoftekorte en swak bewegingsbeheer. Hy het stappe aangekondig om siektebeheer in streke te verdeel, die medebefondsing van entstofvoorraad met die bedryf en belegging in landelike infrastruktuur:
# Business Leadership South Africa het sy teleurstelling uitgespreek oor Standard & Poor’s se besluit om Transnet se kredietgradering te verlaag. Die graderingsagentskap se stap volg weens Transnet se beduidende skuld en negatiewe bedryfskontantvloei. Die organisasie beweer die gradering volg ná jare van swak leierskap, militante vakbonde en reddingsboeie vanaf die regering. Die uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê Transnet bied weerstand rondom verandering en beweeg te stadig. Dit word vergelyk met Eskom, wat sy bedryfsprestasie bestendig kon kry en tans vorentoe beweeg met belangrike hervormings.
# Die Gautengse Onderwysdepartement het 2,9-miljard-rand van sy begroting van 68-miljard-rand vir die 2025/26-boekjaar aan die skepping van veiliger skole toegeken. Die departement se omvattende benadering tot die skepping van veilige skole sluit in die ontplooiing van sekerheidsdienste by meer as een-duisend-500 skole, en ingrypings vir armes wat verseker dat ekonomiese omstandighede nie hindernisse tot onderwystoegang word nie. Die LUR, Matome Chiloane, sê skole moet plekke van veiligheid en sentrums vir die gemeenskap wees.
# Gholf: Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, sal probeer om op sy 30ste verjaarsdag ‘n loopbaan-Grand Slam in te palm op volgende jaar se Amerikaanse Ope. Die Amerikaner het sy vierde major gewen met gister se oorwinning in Die Ope op Royal Portrush in Noord-Ierland. Hy kan nou by Tiger Woods en Rory McIlroy aansluit as die enigste spelers met ‘n loopbaan-Grand Slam. Scheffler sê egter hy word nie deur rekords aangevuur nie:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-73-sent teen die dollar, 20-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-728-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-365-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-34-sent per vat.
# En laastens: Die Gautengse Departement van Kuns en Kultuur sê die Mandelahuis-museum in Soweto sal nie gelikwideer word nie. Dit volg ná kritiek deur Soweto Toerisme oor vertragings om die saak op te los. Die museum is ‘n belangrike erfenisterrein, maar worstel reeds langer as vyf jaar met likwidasiedreigemente. LUR Matome Chiloane het aan SABC News gesê daar word met die likwidateurs gepraat om hierdie ikoniese landmerk te bewaar, wat Mandela se gesinslewe vanaf 1946 tot ’62 uitbeeld:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….