Nuus 14:00
BULLETIN 3 Julie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum tree toe tot die Konstitusionele Hofsaak oor die ware magte van die Menseregtekommissie
# Sokker: Liverpool en Portugal se speler Jota en sy broer verongeluk in Spanje
# En produksie van The Devil Wears Prada Two begin terwyl Anna Wintour aftree
# AfriForum sê die Grondwet en wetgewing maak dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie nie die mag het om wetlik bindende besluite te neem nie. Die burgerregte-organisasie het by die saak aangesluit om die kommissie se gesag uit te daag. Ernst van Zyl van AfriForum sê die Appèlhof in Bloemfontein het verlede jaar beslis dat die kommissie se bevindings slegs deur die howe afgedwing kan word:
# Die DA in Gauteng sê die meeste ongevalle-pasiënte sal waarskynlik meer as vier uur wag voordat hulle gehelp word by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto. Jack Bloom van die DA sê volgens ‘n skriftelike antwoord op die party se vrae in die provinsiale wetgewer word Vlak Een-traumapasiënte met aankoms gesien, maar vir Vlak Twee pasiënte neem dit baie langer, soms meer as 14-uur:
# CapeNature se 2025 verslag oor die Toestand van Bewaring dui positiewe stappe in die beskerming van bioverskeidenheid reg oor die Wes-Kaap aan. Meer as 13-duisend hektaar is by die provinsie se bewaringsgebeid gevoeg, wat die algehele gebied nou op meer as ‘n miljoen hektaar te staan bring. Die verslag beklemtoon die uitwerking van klimaatsverandering, die noodsaaklikheid van veerkragtigheid en die belangrike rol van venootskappe tussen grondeienaars en navorsers. Cape Nature se uitvoerende hoof, Ashley Naidoo, sê die vooruitgang weerspieël gesamentlike pogings vir ‘n meer volhoubare en omgewingsveilige toekoms.
# Sokker: Liverpool en Portugal se 28-jarige doelskieter, Diogo Jota, en sy 26-jarige broer, Andre Felipe, is dood in ‘n motorongeluk in die noordweste van Spanje. Die owerhede sê die Lamborghini het van die pad geloop nadat ‘n band gebars het terwyl die bestuurder ‘n ander voertuig verby gesteek het, en aan die brand geslaan. Jota en sy jarelange lewensmaat, Rute Cardoso, het net verlede maand getrou. Hulle het drie kinders.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-51-sent teen die dollar, 20-rand-65-sent teen die euro en 23-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-726-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-349-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-53-sent per vat.
# En laastens, The Devil Wears Prada Two is een tree nader aan die grootskerm, en dit kom te midde van groot skuiwe in die modebedryf wat die fliek geïnspireer het. Die aankondiging van 20th Century Studios sê die opvolg is tans in produksie, en skakel in met die nuus dat Anna Wintour na amper vier dekades aftree as hoofredakteur van Vogue. Sy word wyd beskou as die inspirasie vir Miranda Priestly, wat deur Meryl Streep gespeel word. Streep is in die opvolg, asook Anne Hathaway, Emily Blunt en Stanley Tucci.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….