Nuus 14:00
BULLETIN 26 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA vergader nadat Ramaphosa adjunkminister Whitfield afdank
# Kabinet bepleit vir kalmte en terughouding in konflik tussen Israel en Iran
# En rugby: Western Force kies ses Wallabies in sy opdrafspan teen die Britse en Ierse Leeus
# Voorsitter Helen Zille het ‘n dringende vergadering van die DA se Federale Raad vir vandag byeengeroep oor die samestelling van die regering van nasionale eenheid se nasionale uitvoerende gesag. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfield, afgedank het. Hy was deel van ‘n DA-afvaardiging wat Amerika vroeër vanjaar besoek het.
Die kabinet bepleit intussen kalmte en dringende terughouding in die voortgesette konflik tussen Israel en Iran, en is diep bekommerd oor die lewensverlies en vernietiging wat die onlangse vyandelikhede veroorsaak het. Die kabinet vra alle partye, insluitend Amerika, om selfbeheersing uit te oefen en ten volle te voldoen aan internasionale reg. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, waarsku daarteen om Iran onbestendig te maak, met verwysing na langtermyn gevolge op wêreldvrede en op Afrika:
# ‘n Veteraan-arbeidsadvokaat, Micheal Bagraim, stel voor dat die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad die Nasionale Dialoog moet lei eerder as dat 700-miljoen-rand bestee word aan nog ‘n gepratery. Ramaphosa het aangekondig die dialoog sal in Augustus begin om gesamentlike oplossings vir die land se verskeie uitdagings te vind. Bagraim sê dis ‘n feit dat oplossings wat bespreek word, nie noodwendig oorgaan tot daadwerklike optrede nie:
# Die Oos-Kaapse polisie het sy soektog na verdagtes verskerp ná die verkragting en moord op ’n 14-jarige leerder in KwaMfula. Woordvoerder Namhla Mdleleni sê die tiener is Vrydagoggend skool toe maar het nie daarna teruggekeer huis toe nie. Sy sê die meisie se liggaam is Sondag in ‘n bouvallige gebou naby ‘n bos gevind tydens ’n gesamentlike soektog deur die polisie en inwoners:
# Rugby: Western Force se afrigter, Simon Cron, moedig sy span aan om die geleentheid aan te gryp wanneer hulle Saterdag teen die Britse en Ierse Leeus te staan kom. Cron het ses Wallabies in sy opdrafspan ingesluit. Die ervare skrumskakel Nic White is kaptein nadat hy saam met Nick Champion de Crespigny, Dylan Pietsch, Tom Robertson en Darcy Swain uit Australië se oefenkamp vrygestel is. Die Wallabies Carlo Tizzano, Jeremy Williams en Harry Potter bly egter in die kamp en sal die wedstryd misloop.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-64-sent teen die dollar, 20-rand-69-sent teen die euro en 24-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-336-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-338-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-66-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….