Nuus 14:00
BULLETIN 20 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die hoofregter prys die Konstitusionele Hof se invloed op die hervorming van die regstelsel
# Die Oos-Kaap gebruik hommeltuie in die soektog na vermiste vloedslagoffers
# En klimaatsverandering bedreig Suid-Afrika se nasionale blom
# Hoofregter Mandisa Maya het die Konstitusionele Hof se rol in die hervorming van Suid-Afrika se regstelsel oor die laaste drie dekades geprys. Sy het tydens die 30ste herdenkingsviering in die hof in Braamfontein, Johannesburg, die uitwerking van die bevordering van grondwetlikheid, die toepassing van die oppergesag van die reg en die beskerming van menseregte uitgelig. Maya sê die hof se uitsprake, insluitend die beëindiging van die doodstraf en die handhawing van maatskaplik-ekonomiese regte, het die Suid-Afrikaanse regsomgewing hervorm:
# Die Oos-Kaapse regering het die soektog na vermiste vloedslagoffers verskerp en maak nou gebruik van hommeltuigtegnologie wat menslike oorskot kan opspoor. Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Xolile Williams, het aan Newzroom Afrika gesê die doel is om afsluiting te bied aan gesinne wat steeds na hul geliefdes soek. Hy sê vermiste familielede word steeds aangemeld en die provinsie hoop die hommeltuigtegnologie sal antwoorde bied.
# Die DA sê die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Mzwanele Nyhontso, dwing regulasies vir rasklassifisering in eiendomsoordragte af, sonder om ras wetlik of wetgewend te definieer. Mlindi Nhanha van die DA sê dit is foutief en Suid-Afrikaners kan nie met administratiewe sanksies gedreig word om aan ras-selfklassifisering deel te neem nie:
# Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth sê hy is topfiks en gretig om te speel. Die 33-jarige speler het drie maande van die Verenigde Rugbykampioenskap misgeloop weens harsingskudding wat hy in Desember opgedoen het, en ‘n dyspier wat hy tydens ʼn Springbok-belyningskamp in Maart verrek het. ʼn Besering het hom ook op die kantlyn gehou in die Haaie se VRK-halfeindstryd teen die Bulle. Etzebeth sê ondanks die beserings sien hy daarna uit om weer die Boktrui aan te trek:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-4-sent teen die dollar, 20-rand-80-sent teen die euro en 24-rand-35-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-953-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-356-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 75-dollar-70-sent per vat.
# En ten slotte: Suid-Afrika se ikoniese protea, insluitend die Koningsprotea, is besig om weens klimaatsverandering te verskuif. Byna 200 variëteite floreer nou ver van hul natuurlike Kaapse habitat waar baie deur uitsterwing bedreig word. Kenners sê stygende temperature, verlies aan habitat en veranderende brandsiklusse bedreig Suid-Afrika se nasionale blom. Deur vernuwing kweek sommige boere proteas met minimum besproeiing om hulle te bewaar. Die Koningsprotea is die land se grootste blom-uitvoerproduk met meer as tien-miljoen ter waarde van sowat 275-miljoen-rand wat verlede jaar uitgevoer is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….