Nuus 14:00
BULLETIN 11 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die skoolbus-bestuurder is onder nege liggame geïdentifiseer na die tragedie in die Dikolini-rivier
# Die minister van Gesondheid stel Suid-Afrikaners gerus oor die nuwe Covid-19-variant
# En sokker: Suid-Afrika dring deur na die halfeindronde van die COSAFA-bekerkompetisie
# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het bevestig die bestuurder van ‘n skoolbus wat deur vloedwater meegesleur is, is onder die nege liggame wat vandag in die Dikolini-rivier in Mthatha gevind is. Die bevestigde getal sterftes uit die tragedie staan tans op vier. Die liggame van ‘n kleuter en ‘n beampte is ook gevind. Vyf reddingspanne bly op die toneel en die soektog duur voort. Mabuyane beskryf die ramp as erger as wat aanvanklik gedink is:
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het Suid-Afrikaners verseker die huidige Covid-19-variant wat in verskeie lande voorkom, bied nie rede tot kommer nie. Die Nasionale Instituut van Oordraagbare Siektes monitor die Nimbus-variant. Oosterse lande waar gevalle bevestig is, sluit in Thailand, Indonesië en China. Daarbenewens het Brittanje ook 13 gevalle aangeteken. Motsoaledi het burgers aangemoedig om voorsorgmaatreëls te tref, soos om gereeld hande te was, te bedek wanneer hulle hoes en tuis te bly as hulle olik voel.
# Die DA waarsku drie-duisend-563 pasiënte in Gautengse openbare hospitale wag op Magnetiese Resonansiebeelding-skanderings. Die masjiene word dringend benodig om gewasse en beserings te diagnoseer. Die grootste agterstand is in die Charlotte Maxeke-hospitaal met twee-duisend-347 pasiënte wat tot 12 maande moet wag weens stukkende masjiene. Slegs agt MRI-masjiene is beskikbaar vir meer as 12-miljoen mense, aansienlik minder as internasionale standaarde. Die DA-lid, Jack Bloom, stel vennootskappe met privaat hospitale voor om beskikbare masjiene te benut:
# Sewentig suidelike witrenosters van die Munywana-bewaringsgebied in Suid-Afrika is suksesvol hervestig in die Akagera Nasionale Park in Rwanda. Dis deel van ‘n strategiese tienjaarplan om renosters in veilige, geskikte en goed bestuurde beskermde gebiede in Afrika te hervestig. Die renosters maak ongeveer 15-persent uit van die wêreld se algehele witrenoster-bevolking. Die veldtog van Afrika Parke wil die diere reg oor die vasteland hervestig om bestaande bevolkings te versterk.
# Sokker: Suid-Afrika is deur na die halfeindronde van die COSAFA-bekerkompetisie na gister se doellose wedstryd teen Mauritius in Bloemfontein. Vela Khumalo se span is nou voor in Groep A, na Zimbabwe se oorwinning van 3-1 oor Mosambiek. Suid-Afrika sal in die halfeindronde teen die wenner van Groep D te staan kom. Khumalo erken sy span het belangrike geleenthede verbrou, maar bly steeds positief. Dit is die eerste keer sedert 2023 dat Suid-Afrika na die halfeindronde deurdring.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-76-sent teen die dollar, 20-rand-32-sent teen die euro en 23-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-260-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-333-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-27-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….