Nuus 14:00
BULLETIN 10 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Gwarube sê ekonomiese groei is noodsaaklik vir die uitbreiding van werksgeleenthede in onderwys
# Aandele styg op die tweede dag van die jongste ronde handelsgesprekke tussen China en Amerika
# En rugby: Ondersteuners kry nou ‘n geleentheid om deel te neem aan die Fantasie-rugbykampioenskap
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê ekonomiese groei is noodsaaklik vir die uitbreiding van werksgeleenthede in die onderwys-sektor. Sy het in Pretoria gepraat voor president Cyril Ramaphosa se ontmoeting met die jeug tydens die Presidensiële Jeugwerkverskaffings-ingrypings- en Werkverskaffing-stimulusprogramme. Ramaphosa sal skole en opleidingsentrums besoek wat openbare-privaat vennootskappe uitbeeld wat vaardighede en werksgeleenthede bied. Die minister het die belangrikheid beklemtoon van belegging in die sektor om werkloosheid uit te skakel:
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersoek Young Women in Business Network Mutual Bank en sy stigter, Nthabeleng Likotsi, vir beweerde verskaffing van valse inligting tydens sy aansoek. Die ondersoek volg op ‘n geskil van nege-miljoen-rand met Afribiz Financial Services wat beweer dat hy vir ‘n belang van 26-persent in die bank betaal maar slegs ‘n aanbod van twee-persent ontvang het. Likotsi ontken dit. Kenners sê ‘n ondersoek kan haar nalatenskap en die geloofwaardigheid van Suid-Afrika se onderlinge banksektor negatief beïnvloed.
# Die regering vra inwoners om veilig te bly en warm aan te trek te midde van swaar reën, sneeuneerslae en koue weerstoestande in dele van die land. Mense word aangeraai om indien moontlik, binnenshuis te bly, reis te beperk en blootstelling aan buitelug te vermy, veral bejaardes, kinders en mense met chroniese siektes. Die regeringswoordvoerder, Kgomotso Ranoto, vra motorbestuurders om versigtig te bestuur omdat paaie vol ys en seepglad kan wees:
# Aandele het gestyg op die tweede dag van die jongste ronde handelsgesprekke tussen China en Amerika, met een van president Donald Trump se topraadgewers wat sê hy verwag ‘n ooreenkoms. Daar is optimisme dat die onderhandelings markte sal kalmeer en spanning tussen die ekonomiese supermoondhede sal verlig nadat Trump verlede week sy Chinese eweknie, Xi Jinping, ontmoet het. Die vergadering in Londen sal hopelik verhoudings herstel nadat Trump Beijing beskuldig het dat hy die ooreenkoms verbreek het wat verlede maand deur senior amptenare in Genève gesluit is.
# Rugby: Ondersteuners kry nou ‘n geleentheid om deel te neem aan die Fantasie-rugbykampioenskap wat deur Nieu-Seeland Rugby aangevoer word in samewerking met Suid-Afrika, Australië en Argentinië. Dis die eerste amptelike fantasie-kompetisie vir die Suidelike Halfrond se grootste internasionale kompetisie, die Rugbykampioenskap. Die Springbokke is in die eerste ronde op 16 Augustus gasheer vir die Wallabies terwyl Nieu-Seeland en die Pumas sake uitspook. Ondersteuners sal ʼn kans kry om hul 15 beste spelers te kies en kan dan tydens die toernooi meeding om die reg om te spog.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-71-sent teen die dollar, 20-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-442-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-330-dollar-69-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-89-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….