Nuus 14:00
BULLETIN 26 Mei 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Openbare druk neem toe op Kelly Smith om te sê waar Joslin haar bevind aan die vooraand van vonnisoplegging
# Die DA eis duidelikheid oor lotery-bedrywighede nadat minister Tau se lisensieproses onregmatig bevind word
# En Brugge vra toeriste moet ophou om die antieke Belgiese stad se keistene te steel
# Nie-regeringsorganisasies en die publiek vra dat Kelly Smith moet sê waar haar dogter, Joslin, haar tans bevind, voor die vonnisopleggingsproses môre begin in die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat in Saldanhabaai sit. Die driedaagse proses sluit in betoë en verswarings met die veroordeelde drietal – Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn – wat op hulle lot wag. Hulle is skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel. Joslin het op 19 Februarie verlede jaar verdwyn, maar daar is geen aanduiding van waar sy is nie. Inwoners eis die swaarste vonnis.
# Die DA sê ‘n uitspraak van die Noord-Gautengse Hooggeregshof het bevestig die proses waarin die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, belowe het om ‘n tydelike loterylisensie-operateur vir die Nasionale Lotery aan te stel, was onregmatig. Toby Chance van die DA sê hy het in Maart hierteen gewaarsku toe Tau onderneem het om met die proses te begin. Chance sê Tau is in die uitspraak vyf maande gegun om sy fout reg te stel sodat loterybedrywighede nie ontwrig word nie:
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê hy is daartoe verbind om kankerbehandelingsdienste in die provinsie te verbeter om aan die groeiende vraag na radioterapiedienste te voldoen. Woordvoerder Motalatale Modiba sê dit sluit belegging in in die uitbreiding van infrastruktuur en gevorderde toerusting om kankerbehandeling te verbeter en tydige toegang tot sorg te verseker:
# Krieket: Die veelsydige Zimbabwiese speler Sikandar Raza is ‘n held in sy geboorteland, Pakistan, nadat hy Lahore Qalanders gehelp het om die Pakistanse Superliga te wen. Hy het net betyds geland, maar ‘n onoorwonne 22 lopies bygedra en Qalanders het Quetta Gladiators met ses paaltjies geklop. Raza se spanmaats het hom skouerhoog van die veld gedra. Hy het Engeland Saterdag verlaat nadat hy vir Zimbabwe gespeel het in die eenmalige toets. Hy het aandete geniet in Birmingham, ontbyt in Dubai, middagete in Abu Dhabi en aandete in Pakistan.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-85-sent teen die dollar, 20-rand-32-sent teen die euro en 24-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-855-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-332-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-13-sent per vat.
# En laastens, die antieke Belgiese stad Brugge vra toeriste om op te hou om keistene uit sy geskiedkundige strate te steel. Die strate word deur UNESCO as Middeleeuse strate beskou. Die plaaslike politikus Franky Demon sê na raming verdwyn 50 tot 70 stene elke maand en dit kos gelykstaande aan vier-duisend-rand per vierkante meter om hulle te vervang en die skade te herstel. Hy het aan CNN gesê vermiste of los steentjies skep struikelgevare, en stadswerkers moet gereeld gestuur word om herstelwerk te doen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….