Nuus 14:00
BULLETIN 23 Mei 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Senzo Mchunu verwerp bewerings van volksmoord op wittes in Suid-Afrika
# Agbiz beskou Ramaphosa se besoek aan Amerika as ‘n hupstoot vir handel en diplomasie
# En ActionSA sê bendegeweld verwoes Suid-Afrikaanse gemeenskappe
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het bewerings van ‘n wit volksmoord in Suid-Afrika as ongegrond en misleidend afgemaak. Mchunu het die media tydens die vrystelling van die kwartaallikse misdaadsyfers meegedeel daar is geen bewyse om die bewering te staaf dat wit Suid-Afrikaners spesifiek geteiken word vir gewelddadige aanvalle nie. Hy het die publiek aangespoor om op bevestigde data staat te maak eerder as waninligting wat aanlyn versprei word:
Die hoofekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo, sê intussen president Cyril Ramaphosa se besoek aan Amerika dui op ‘n keerpunt in die herstel van bande tussen die twee lande. Sihlobo het die groeiende uitvoermomentum beklemtoon in produkte wat verlede jaar wêreldwyd uitgevoer is. Hy waarsku egter misdaad bly ‘n landwye krisis en vra verenigde optrede om ekonomiese vooruitgang te beskerm:
# ActionSA rig weer ‘n waarskuwing oor die toename in bendegeweld reg oor Suid-Afrika waar meedoënlose bendes woonbuurte in oorlogsones verander. Woordvoerder Matthew George sê bendegeweld kom in die Wes-Kaap veral voor op die Kaapse Vlakte, in Gauteng in Eldoradopark en Westbury, en in die Oos-Kaap in Nelson Mandelabaai. Hy sê dit dwing onskuldige gesinne om voortdurend in vrees te leef:
# Krieket: Die Nieu-Seelandse paaltjiewagter Tim Seifert sal by Royal Challengers Bengaluru aansluit vir die res van die Indiese Premierliga nadat Jacob Bethell van Engeland vertrek het om nasionale diens te hervat. Seifert speel tans vir Karachi Kings in die Pakistanse Superliga. Bethell is ingesluit in Engeland se witbalgroepe vir tuiswedstryde teen die Wes-Indiese Eilande, wat Donderdag begin met die eerste eendagwedstryd in Birmingham. RCB, Gujarat Titans, Mumbai Indians en Punjab Kings het reeds gekwalifiseer vir die IPL se uitspeelwedstryde.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-89-sent teen die dollar, 20-rand-31-sent teen die euro en 24-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 110-duisend-975-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-327-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-93-sent per vat.
# En laastens, president Ramaphosa het hulde gebring aan Gertrude Shope, wat in die ouderdom van 99 gesterf het. Sy word onthou as ‘n opvoeder, ‘n vakbondlid, die president van die ANC-vroueliga en was betrokke by die Rivonia-verhoor. Sy het jare lank apartheid op eie bodem en in die buiteland beveg. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa beskryf haar as ‘n nasionale heldin en vereer haar onwrikbare diens aan bevryding en demokrasie in Suid-Afrika.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….