Nuus 14:00
BULLETIN 17 April 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Hooggeregshof skrap Zuma se privaat vervolgingsaak teen Downer en Maughan van die rol
# Die laer inflasiesyfer sal waarskynlik nog nie aanleiding gee tot rentekoersverlagings nie
# En, boks: Minister Kodwa verwelkom die beslissing oor die aanstelling van Boks SA se Rekeningkundige Owerheid
# Regter Nkosinathi Chili het in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg oudpresident Jacob Zuma se privaat vervolging van advokaat Billy Downer en die joernalis Karyn Maughan van die rol geskrap. Zuma het Downer en Maughan beskuldig van die onwettige uitlek van ‘n doktersertifikaat aan die media. Downer is die hoofaanklaer in die multimiljoenrand wapentransaksiesaak teen Zuma. Sy regspan gaan nou die Konstitusionele Hof met ‘n appèl nader:
# Dis onwaarskynlik dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank nou reeds oorreed sal word om rentekoerse te verlaag, ondanks verlede maand se laer inflasie van 5,3-persent. Hierdie groter as verwagte daling spruit hoofsaaklik uit laer inflasie vir voedsel en goedere. Volgens die Reserwebank is dit belangrik om inflasie in ooreenstemming te bring met die 4,5-persent middelpunt van sy teiken, veral weens dreigende fiskale risiko’s voor die verkiesing. Gevolglik word rentekoersverlagings nie verwag tot ná die verkiesing nie, met ‘n verlaging van 50 basispunte wat teen die einde van die jaar verwag word.
# Die Automobiel-assosiasie is bekommerd oor rekord-hoë brandstofpryse, ondanks geen verhogings in regeringsheffings in drie jaar nie. Drie-en-negentig-oktaan petrol, wat in Mei 2022 21-rand-51-sent per liter gekos het, het in Mei 2023 gestyg tot 23-rand-1-sent. Huidige data van die Sentrale Energiefonds dui op nog ‘n verhoging van 37-sent per liter in Mei, tot ongeveer 25-rand-15-sent-per-liter. Daarby styg 95-oktaan dalk tot sowat 25-rand-50-sent-per liter. Intussen verwelkom die AA die verwagte afname in die dieselprys van 35-sent per liter, en lampolie van 28-sent per liter. Hy waarsku moontlike druk weens spanning in die Midde-Ooste kan in Mei ‘n uitwerking hê.
# Boks: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, het die Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak oor die Nasionale Beroepsboks-promotorsvereniging se saak verwelkom. Die hof het die vereniging se aansoek met koste van die hand gewys om die aanstelling van Boks SA se Rekeningkundige Owerheid as onregmatig en ongeldig te verklaar. Die minister se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê dis belangrik om bestendigheid en etiese bestuur by Boks SA te herstel:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-97-sent teen die dollar, 20-rand-19-sent teen die euro en 23-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-923-dollar-16-sent. Die prys van goud is twee-duisend-388-dollar-40-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 89-dollar-7-sent per vat.
# En, ‘n, baanbrekende geskiedenisboek oor die Beatles, All You Need Is Love, is ʼn week na sy bekendstelling nommer twee op Amazon se musiekboeklys. Die hardebandboek van 352 bladsye is in vraag-en-antwoordformaat geskryf en orkeslede, vriende en familie vertel stories wat nie voorheen gepubliseer is nie. Al die onderhoude in die boek, geskryf deur Peter Brown en Steven Gaines, is tussen 1980 en 1981 gevoer. Intussen gaan Disney Plus op die agste van volgende maand die 1970-Beatles-fliek, Let It Be, op sy platform plaas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….