Nuus 14:00
BULLETIN 11 April 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Vervolgingsgesag vra die gemeenskap om geslagsgeweld en vrouemoord te veroordeel
# Prins Harry besoek oorlogslagoffers in Oekraïne
# En dis vandag 24 jaar sedert die Ellispark-tragedie
# Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga doen ‘n beroep op gemeenskappe om saam te staan om geslagsgeweld en vrouemoord te veroordeel, voorvalle van mishandeling aan te meld en pogings te ondersteun wat daarop gemik is om geweld teen vroue en kinders uit te wis. Woordvoerder Monica Nyuswa het reageer nadat die Hooggeregshof in die provinsie vir Gilbert Voyiya van Klarinet tot lewenslange tronkstraf gevonnis het vir die beplande moord op sy vrou, Nelly:
# AfriForum vra die publiek om die ministerie van Polisie se plan te verwerp om wapens van privaat sekerheidsmaatskappye weg te neem. Die burgerregte-groep glo dit sal gemeenskappe onveiliger maak en moeiliker maak om hulle te beskerm, veral waar die polisie onvoldoende personeel het. Die publiek het tot 25 April om besware in te dien. Jacques Broodryk van AfriForum sê privaat sekerheidsmaatskappye help om misdaad te bekamp en om hulle wapens weg te neem, sal ‘n groot terugslag wees:
# Prins Harry het oorlog-slagoffers in Oekraïne ontmoet toe hy ‘n kliniek besoek het waar gewonde militêre personeel en burgerlikes gerehabiliteer word. Hy is vergesel deur ‘n groep van die Invictus-spele, insluitend vier veterane wat deur ‘n soortgelyke rehabilitasieproses is. Die stad Lviv word gereeld deur Russiese missiele geteiken en die besoek is eers aangekondig nadat die prins uit die land was. Harry was vir tien-jaar in die Britse Leër en het die Invictus-spele in 2014 gestig sodat gewonde veterane aan sportbyeenkomste kan meeding.
# Sokker: Manchester United se gewese sterspeler, Eric Cantona, het die mede-eienaar, Jim Ratcliffe, en sy luitenante daarvan beskuldig dat hulle die Old Trafford-klub vernietig. Die Britse miljardêr het ‘n stormagtige tydperk deurgemaak sedert hy beheer oor United oorgeneem het nadat hy ‘n minderheidsaandeel gekoop het. Die eienaar van INEOS het hoofafrigter Erik ten Hag afgedank en vervang met Ruben Amorim, maar daar is min verbetering en die span is tans dertiende op die Premierliga-punteleer. Ratcliffe het ook kaartjiepryse verhoog en ingrypende kostebesparing toegepas, wat tot sowat 450 werksverliese gelei het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-31-sent teen die dollar, 21-rand-97-sent teen die euro en 25-rand-28-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-474-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-229-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-40-sent per vat.
# En laastens, dis vandag 24 jaar sedert die Ellispark-tragedie in Johannesburg tydens die Soweto-sokkerderbie tussen Orlando Pirates en Kaizer Chiefs. Drie-en-veertig toeskouers is dood en 117 beseer toe ‘n oorvol stadion tot ‘n dodelike stormloop gelei het. ‘n Kommissie onder leiding van regter Bernard Ngoepe het bevind swak skarebeheer, korrupsie en die verwaarlosing van die plaaslike en die wêreldbeheerliggaam, SAFA en FIFA, se veiligheidsregulasies het tot die ramp bygedra.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….