Nuus 14:00
BULLETIN 10 April 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Binnelandse Sake skets planne vir veilige, tegnologie-gereed grense
# Zimbabwe begin met vergoedingsbetalings aan voormalige plaaseienaars
# En Comic Con Africa se geleentheid in Johannesburg word met ‘n maand vervroeg
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het nuwe waarnemingstegnologie onthul om grense te beveilig. Dit sluit in vier hommeltuie, 40 lyfkameras en ander waarnemingstoerusting om operasies en patrollies ‘n hupstoot te gee. Vier gevorderde hommeltuie sal vanaf Paasfees by sleutelgrensposte ontplooi word om onwettige oorgang te onderskep en beweging te monitor. Schreiber sê dié stap is deel van ‘n breër plan om korrupsie te beveg en sekerheid te verbeter, met intensiewe opleiding vir grenspersoneel:
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het inwoners wat onder vloedlyne woon langs die Vaalrivier, stroomaf van die Vaaldam en die Bloemhofdam, gewaarsku laagliggende gebiede bly kwesbaar. Dit is as gevolg van die sluise van albei damme wat oopgemaak is om watervlakke te bestuur. Majodina het inwoners versoek om gebiede te ontruim wat geneig is tot oorstromings tydens swaar reën:
# Zimbabwe het begin met vergoedingsbetalings aan voormalige plaaseienaars kragtens ‘n vergoedingsooreenkoms wat in 2020 onderteken is. Daar is reeds 740 plase goedgekeur vir vergoeding, met die regering wat reeds ongeveer 59,3-miljoen-rand uitbetaal het vir die eerste verwerkte 378 plase. Die minister van Finansies, Mthuli Ncube, sê die vergoeding vorm deel van Zimbabwe se agterstallige klaring- en skuldvereffeningproses, gelei deur die Afrika-ontwikkelingsbank:
# Rugby: Die Walliese Rugbyunie het sy ondersteuning aan Cardiff beloof nadat die klub ‘n kennisgewing ingedien het om onder administrasie geplaas te word. Die klub het twee weke om sy moontlikhede te ondersoek. Cardiff het die versekering gegee dat alles moontlik gedoen word om sy werknemers en toekoms te beskerm, en sê ‘n plan is reeds in werking gestel. Cardiff se probleme het weereens vrae laat opduik oor die lewensvatbaarheid van Britse klubrugby nadat Worcester, Wasps en London Irish almal tydens die 2022/23-seisoen onder administrasie geplaas is.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-45-sent teen die dollar, 21-rand-52-sent teen die euro en 25-rand-8-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-801-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-119-dollar-33-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-69-sent per vat.
# En laastens, die organiseerders van Comic-Con Africa se geleentheid in Johannesburg sê ondersteuners kan steeds ‘n vol program verwag al vind vanjaar se geleentheid ʼn maand vroeër plaas. Dit word in Augustus aangebied weens beplande opknapping aan die Johannesburgse uitstalsentrum. Die fees sal volgende jaar weer soos gewoonlik in September plaasvind. Die organiseerders sê meer as 70-duisend ondersteuners sal onder meer speletjies en eSport-toernooie, strokiesprente en handelskaartspeletjies geniet. Comic-Con Kaapstad vind steeds volgende maand plaas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….