Nuus 14:00
BULLETIN 8 April 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge bespreek alternatiewe vir ‘n BTW-verhoging met die EFF en MK
# Cosatu vra ‘n regverdige oorgang en gelykheid op die G20- indiensnemingsvergadering
# En tennis: Die Charleston Ope gaan prysgeld volgende jaar verdubbel
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê hy gaan dié week leiers van die EFF en die MK-party betrek oor alternatiewe vir die omstrede verhoging in BTW. Die IRR sê aangesien sekere partye teen die verhoging gestem het, is dit noodsaaklik om alternatiewe te vind. Makone Maja van die instituut sê een so ‘n alternatief is om alle swart ekonomiese bemagtiging-aanbodpremies te staak wat deur die regering betaal word:
# Cosatu se president, Zingiswa Losi, het die G20-werkgroep vir indiensneming aangemoedig om voorrang te gee aan ‘n regverdige oorgang wat werksgeleenthede beskerm om volhoubare voortbestaan te verseker. Losi het in Durban gevra Taakspan Een moet met nywerheid-strategieë fokus op werkers en gemeenskappe. Sy beklemtoon ook die noodsaaklikheid van die vermindering van ongelykheid in die arbeidsmag om billike arbeidsmarkte te verseker en werkers se regte te beskerm:
# Transnet se Nasionale Haweowerheid het ‘n versoek vir voorstelle uitgereik vir die aanstelling van ‘n terminaal-operateur vir die hantering van eetbare olies en soortgelyke versoenbare vrag op die Kaapstadse hawe. Die operateur sal die grootmaatterminaal finansier, oprig, bedryf en onderhou, en uiteindelik oordra, oor ‘n konsessietydperk van 25 jaar. Die projek is gemik op die verbetering van die hawe se doeltreffendheid, ekonomiese groei en voldoening aan globale veiligheid- en omgewingstandaarde
# Tennis: Die prysgeld van die Charleston Ope-vrouetoernooi in Amerika gaan van volgende jaar gelyk wees aan dié van manstoernooie op dieselfde vlak. Die plaaslike speler Jessica Pegula het Sondag die toernooi gewen toe sy haar landgenoot Sophia Kenin in die eindstryd verslaan het. Die organiseerders van die WTA 500-toernooi het beloof om die prysgeld van 19-miljoen-rand te verdubbel na meer as 38-miljoen. Die toernooi se eienaar, Ben Navarro, sê hy glo in die bevordering van ‘n omgewing waar alle atlete beloon word vir hul talent en toewyding.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-55-sent teen die dollar, 21-rand-35-sent teen die euro en 24-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-929-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-ses-dollar-20-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-40-sent per vat.
# En laastens, Warren Eva het geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaner te word om Annapurna in Nepal te bestyg, wat een van die gevaarlikste bergspitse in die wêreld is. Hy het die hoogte van agt-duisend-en-91-meter bereik en daarmee sy naam onder elite-bergklimmers verewig. Dit volg op sy geskiedkundige klimtog van die tweede hoogste berg in die wêreld, K2 in Asië, in 2022. Eva en sy mede-klimmer, John Black, het ondanks gevaarlike toestande tot op die spits voortgebeur en daarmee 57-duisend-rand vir die welsynsorganisasie Food 4 Hope ingesamel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….